‘Kaper’ doodgeskiet toe hy Porsche probeer vat

(Foto: ER24)

’n Vermeende kaper is Donderdag vroegaand naby die Voortrekkermonument in Pretoria doodgeskiet toe hy glo die bestuurder van ’n Porsche Cayenne wou kaap.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici, die polisie en veiligheidsmaatskappye is omstreeks 18:30 na Ou Johannesburgweg ontbied waar hulle die man met ʼn skietwond aangetref het.

Hy het in die pad gelê en was in daardie stadium in ʼn bedenklike toestand.

Volgens Campbell het die man, vermoedelik 30 jaar oud, se toestand vinnig versleg en hy is op die toneel dood verklaar.

Besonderhede omtrent die voorval is in hierdie stadium nog onduidelik.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Eltan ·

Dit is goed om al hoe meer te lees van kapers/rowers wat in hul spore gestuit word..
Wees gewaarskuu..die mense is moeg vir geweld ens… en begin hylself nou verdedig want die polisie is onbevoeg..
As ons nog tempo kan opbou roei ons al die misdadigers sommer self uit..

Harry ·

Al die wyse raad van sekuriteitspesialiste help min. Polisie help min. Wat staan mens om te doen?

Aai ·

Weet hulle gee jou n ligte stamp en as jy uitklim roof hulle jou kar maar die lyk meer na n ongeluk vir my wat skeefgeloop het.

tweeling ·

hy het hom lelik misgis want sekerlik het die porsche gereageer en terug gestamp. Nou kyk hulle vir ‘n slag in die loop vas.

Alet ·

Kyk as hulle liggies in my vasry en my kar probeer kaap sal ek die blou wille waks it daai kar uit stamp. versekering an my kar of vervang of regmaak maar nie my lewe nie. So sal ook lyk soos ‘n vreeslike ongeluk en nie net stampie nie. Maar ek glo die mense in hierdie land is vuisvoos oor die aanslag op jan alleman. Van alle kante af.

christo ·

Die ongeluk kon ook plaasgevind as gevg van die slagoffer wat probeer wegkom het. Wag vir die feite.

Niklaas ·

Kaper het toe sy moses teègekom, want Porche eienaar was onsportief en wou nie die motor sommer so oorhandig nie. Deesdae wen jy net as jy eerste en vinnigste skiet. Daar is nie eintlik genadiglike kapers nie. Dis desperate mense daardie !

Stefan ·

Hoop net die die eienaar kry veel moeilikheid hieroor nie.

ES ·

Solank die kaper se vuurwapen in die inmiddelike omtrek is behoort hy heeltemal oukei te wees. Ongelukkig gaan hulle die bedoelde slagoffer se vuurwapen nou vir ballistiese toetse stuur en sal hy gelukkig wees as hy dit weer binne ‘n jaar terugkry…

Opinie ·

As ek die foto mooi bekyk is ek geneig om met Probeer Verstaan saam te stem. Die SUV sou nie verder kon ry met sy gebuigde/skewe agter as nie.

Maggies ·

Indien dit die Porsche eienaar is wat geskiet het gaan hy heel moontlik aangekla word vir manslag omdat hy die “arme minderbevoorregte rowertjie” doodgeskiet het. Dit is mos Suid Afrika dié.

ES ·

Nie noodwendig nie Maggies, solank hy kan bewys dat sy lewe in gevaar was sal hy regverdig behandel word.

Herman ·

Check the worry in my eye…is vir my sleg dat hardwerkende mense buite hulle karakter moet optree om te behou waarvoor hulle gewerk het…

ES ·

Hierdie lyk meer vir my soos padwoede as ‘n kaping.

Kapers werk amper nooit alleen nie en hulle los selde ‘n motor agter vir ‘n ander motor, tensy die polisie hulle jaag. Waar is die vermeende kaper se makkers?

Francois Le Cochon ·

Ek wil nogal saamstem. Lyk ook nie vir my na ‘n kaping nie. Kapers sou weggery het met altwee motors, dus sou daar ten minste 2 kapers gewees het.

Retha ·

Ons was nie een daar om kommentaar te lewer oor wat gebeur het nie

Nico ·

Mens hou nie daarvan om te hoor van moord en doodslag nie, maar partymaal is dit nodig om terug te baklei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.