‘Kaper’ en slagoffer beland glo in dieselfde hospitaal

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende kaper is in hegtenis geneem nadat hy by dieselfde hospitaal as sy slagoffer opgedaag het vir behandeling.

“Die Chatsworth-polisie het die 28-jarige man Dinsdag by ʼn plaaslike hospitaal in hegtenis geneem,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê.

Drie verdagtes het glo die 24-jarige slagoffer in Crossmoor genader en hom met vuurwapens gedreig en gepoog om sy voertuig te kaap. “Hy het terugbaklei en die mans het uiteindelik te voet gevlug,” het Naicker verduidelik. “Die man is tydens die aanval beseer en die verdagtes het hom net daar op die toneel gelos.”

Die slagoffer is met kopbeserings na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. “Terwyl hy by die hospitaal was, het een van die verdagtes ook daar opgedaag vir mediese behandeling,” het Naicker gesê. “Hy het dadelik die polisie in kennis gestel en ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot kaping.”

Die man sal binnekort in die Chatsworth-landdroshof verskyn. Die polisie is nog op soek na die twee ander verdagtes.

Lt.genl. Mmamonye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie vir hul vinnige optrede geloof. “Ons sal seker maak dat sy medepligtiges ook aangekeer word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Die kaper sal die hosp in ‘n body-bag verlaat……ja!!

Peet Schabort ·

Die slagoffer moes seker eers sy lidmaatskap van ‘n mediesefonds toon?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.