‘Kaper’ in Kaapstad doodgeskiet

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Vermeende kaper is vandeesweek in ʼn skietgeveg met die polisie in Kaapstad doodgeskiet en ʼn 23-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die voorval het Donderdag in Macassar plaasgevind.

“Beamptes van die Macassar-polisie was in die Bardale- informele nedersetting toe winkeleienaars hulle voorgekeer en ingelig het dat hulle sopas deur gewapende mans gekaap is,” het Van Wyk gesê.

“Die slagoffers het na ʼn voertuig gewys wat steeds in die polisie se sig was. Die polisie het die voertuig agterna gesit waarna ʼn skietgeveg tussen die twee partye uitgebreek het.”

Volgens Van Wyk het die voertuig skielik tot ʼn stilstand gekom.

Die bestuurder het uitgeklim en op die grond geval en is in hegtenis geneem. Die man op die passasierssitplek is noodlottig gewond.

Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens wat in die voertuig gevind is.

Die verdagte moet Maandag in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Om hemelsnaam ·

Nou wag ons net vir al die negatieweteit van die ondankbare mense in die land.

DinkBietjie ·

Weet nie wat jy bedoel nie? Maar as jy bedoel ek dink dat SAPS korrup is, en ek hulle glad nie vertrou nie, slaan jy die spyker op die kop!

Salie ·

Dink bietjie waar bly jy ? as jy in sa gebly het het jy geweet die polisie het geval tot onder junc status ,ek vertrou hulle glad nie om eerlik te wees ek is bang vir hulle en vermy hulle waar ek kan

Gert ·

Feite is feite een swaeltjie maak nie n somer nie ek het niks tyd vir die skurke in blou nie.??

Conrad ·

Om helmels naam.Dit lyk miskien of hulle nou goeie werk gedoen het maar ek is amper seker die ” kaper” was kompitisie vir die klomp of hy wou nie omkoop geld betaal nie hulle maak almal so , hoekom dink jy wil hulle nie die boere help al weet hulle wat aangaan op die plateland???

Valerie ·

Wel, dit is immers “Kaap” stad. Ek verkies “Pret” oria.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.