‘Kaper’ in KZN doodgeskiet

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Vermeende kaper is Donderdag by Mariannridge, naby Pinetown in KwaZulu-Natal, noodlottig gewond toe hy hom teen die polisie verset het.

“Die verdagte het ’n man in ʼn Toyota Hilux genader en voorgegee hy wil sy bakkie huur, waarna hy hom met ʼn mes gedreig en met die bakkie spore gemaak het,” het maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Zwane is die kaping by die polisie aangemeld en beamptes was op die uitkyk vir die bakkie. “Die bakkie is in Thornwoodweg in Marianhill opgemerk. Die verdagte het die bakkie tot stilstand gebring, maar hom teen inhegtenisneming verset. Hy het ʼn mes uitgepluk en ʼn polisiebeampte in die maag gesteek,” het hy gesê.

Zwane het gesê die polisiebeampte het uit selfverdediging die verdagte geskiet. “Die verdagte wat vermoedelik in sy 20’s is, het op die toneel aan sy wond beswyk.”

Die polisiebeampte is na ʼn plaaslike hospitaal vir behandeling geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Manie ·

Hey Man!! mens kom nie na ‘n Gun Fight toe met ‘n mes nie!!!

DPJ ·

Een misdadiger minder. Polisie moet geweld met geweld beantwoord waar nodig.

Liewe heksie ·

Vermeende kaper regtig jy meen besigheid on bewapen n misdaad te gaan pleeg man van geregtigheid Ek hoop jy herstel gou ons publiek het jou nodig

moloto ·

Give that man a ” BELLS ” o sorry a ” CASE OF BELLS “

Michael ·

Ek stem saam met die Bells ding,polisie hou aan met die goeie werk

GES ·

Dit is regtig jammer dat hy die beampte eers met die mes moes steek voordat die beampte uit noodweer kon skiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.