‘Kaper’ in Pta doodgeskiet

Die polisie en paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Vermeende kaper is Vrydagmiddag deur ʼn beampte van die Tshwane-metropolisie in Pretoria doodgeskiet.

Nonhlanhla Mgiba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die voorval het omstreeks 13:30 in Hercules in die weste van Pretoria plaasgevind terwyl beamptes met ʼn roetine patrollie besig was.

“Beamptes het vier verdagtes in ʼn groen Toyota Corolla in die omgewing opgemerk. Beamptes van die dwelmeenheid het die voertuig voorgekeer met doel om die insittendes te ondervra en te deursoek,” het Mgiba gesê.

Volgens Mgiba het beamptes die voertuig genader, waarna een van die insittendes glo ʼn 9 mm-pistool probeer hanteer het. “Dit het een van die beamptes genoop om die verdagte uit selfverdediging te skiet.”

Die verdagte is deur paramedici van Best Care-ambulansdienste op die toneel dood verklaar. Xander Loubser, woordvoerder, het gesê die man, in sy laat 20’s, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Mgiba het gesê die res van die insittendes het te voet op vlug geslaan. Twee van hulle is aangekeer en in hegtenis geneem, die derde kon daarin slaag om te ontsnap en is steeds soek.

Volgens inligting wat deur die polisie verkry is, was die mans glo op pad om ʼn Range Rover te kaap toe hulle voorgekeer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ditsem ·

Hou van die woorde”het glo n 9mm-pistool probeer hanteer”

jaco ·

En nou word die 1 wat die kaper doodgeskiet het, seker weer aangekla van moord.

Wim Kotze ·

Nee Jaco, die skieter was ‘n swart beampte en die slagoffer het hom aangeval. Jy het seker nog nie George Orwell se 1984 gelees nie?

anton ·

Die beamptes verdien niks nie Boet Fasie, ons noem dit…… ”Hulle het hulle werk vir n slag gedoen”
Dit is waarvoor hulle aangestel is en maandeliks n salaris voor betaal word.

Eish ·

Glad nie so knap gedaan nie. Die land is so deurtrek van misdaad dat jy na willekeur voertuie kan voorkeer en keer op keer sukses sal behaal.

Gert ·

Oppad om n motor te kaap en n vuurwapen probeer hanteer. Dalk vuurwapen probeer wegsteek,ipv hanteer om te skiet. Baie maklik om agtera n perfekte toneel te skep. Beampte moet maar met sy gewete kan saamleef, hopelik. Volgens wet( sedert hoeka, was hier volgens hierdie feite geen rede om te skiet nie. )Trigger happy Wilde Weste beamptes moet ten alle koste verhoed word. Die volgende slagoffer kan jy wees, en enige bewering as verskoning aangebied word, soos die trigger happy soldaat wat onlangs die vrou by n robot geskiet het en nie gearresteer is nie. Ministers maak wilde uitsprake. Skep n Wilde Weste.

Pieter ·

Ek is ‘n ander Pieter as die boonste een met sy snedige opmerkings oor nog ‘n plaasmoord.

Gert,
Die metropolisieman was die keer reg en baie geluk met ‘n voltreffer. Die pistool wat die dooie probeer hanteer het ‘n skerpkant waarvoor jy versigtig moet wees.

Kaptein ·

Gert,
Twee hot tips vir jou:
1. As jy nie daar was nie – moenie spring tot gevolgtrekkings nie.
2. Wanneer die polisie jou aftrek – moenie jou 9mm probeer hanteer nie. Veral nie as jy saam
met “verdagte” maats in die kar is nie. Hande in die lug en geen oogkontak of intensie.
Maak of jy ‘n winkelpop is.

Kaptein ·

Veronderstel probeer hanteer beteken hy het hom probeer oorhaal.
Veronderstel hy het net die wapen uit sy broek probeer haal – wat is sy intensie, gegewe die konteks? Wil hy moontlik spog daarmee? Oorkom vir ‘n geselsie?
Neem verder in ag dat ons hier heelwaarskynlik 2 polisiemanne gehad het teen 4 verdagtes, wat almal gelyk laat spaander, en moontlik almal gewapen kon wees.
Ek dink die wet gaan hier redelik wees, en die polisieman se besluit as korrek aanvaar.

Kaptein ·

Verder, die soldaat is uiteindelik gearresteer.
Die vrou was nie gewapen nie.
Die soldaat was nie as soldaat daar geplaas met instruksie om die wet toe te pas nie.

Andre ·

Soos jy se Gert, jy kan die volgende slagoffer ook wees in ‘n kaping.

Gert ·

Hier was nie n kaping nie. Hier was ook nie op polisie geskiet nie. Hy kom weg met moord. Dis sy werk om misdadigers te vang, nie ter voorkoming tereg te stel nie. (dis nou volgens die feite weergegee) sal jy onskuldig in n hof bevind word in n skiet situasie as jy ter voorkoming doodskiet, beslis nie. Enigeen kan so skiet,[ byvoorbaat skiet] Ek oordeel volgens die feite.

Leo ·

Indien dit m wit persoon was wat geskiet het was hy nou on die tronk.

LMF ·

Ek is nou so trots op Hercules sapd ek bly in daspoort en wragtag as jul in die Wilde weste wil kom kuier is jul welkom die drugs loop hoog hier die inbrake is letterlik n nagmerrie en met ons sektor wat dag en nag op pad is voel ek soort van veilig hul doen wonderlike werk meer as sapd gesê so dankie tog sapd het een vrot appel in gat gegooi so ek sê weer mooi werk sapd saam ons sektor wat jul oë op ons hou sterkte aan sektor met die omgewing van n baie dankbare lid van julle

anton ·

Gert, ek kry die gevoel jy is aan die misdadiger se kant!!!
Stem saam met ”Kaptein” se stelling.
En moes die polisieman eers wag dat die skelm op hom skiet voordat hy terug skiet? n dooie mens/polisieman kan nie terug skiet op n ”Misdadiger” nie. ai ai ai.

johan ·

gert ek neem aan jy was al baie in so situasie as jy so slim is.moes die beampte nou eers wag dat hy geskiet word voordat hy self mag skiet?hoekom het die insittende sy wapen hanteer as die beampte aankom?

SARIE VAN HEERDEN ·

Pieter (dag gelede) lewer kommentaar en skryf hy is NIE die vorige Pieter nie, ens. Lyk my die eerste Pieter se kommentaar is toe OOK na verskyning verwyder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.