‘Kaper’ kom sy moses teë met jong vrou

Leigh-Anne Du Plessis. Foto: Facebook

Leigh-Anne Du Plessis. Foto: Facebook

ʼn Jong vrou van Durban, KwaZulu-Natal, het Donderdag ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn vermeende kaper haar met ʼn mes in haar kop gesteek het.

Leigh-Anne Du Plessis (26) het Vrydag aan Maroela Media gesê sy het nog nie heeltemal tot verhaal gekom ná die voorval nie. “Ek wil nie uitfreak daaroor nie. Ek is oukei vir nou. Ek sal dalk berading oorweeg as ek oor die ergste skok is.”

Du Plessis, ʼn werknemer by Highway Action Sports Arena, was omstreeks 13:00 by ʼn drankwinkel in New Germany om voorraad vir die onderneming te koop. “’n Man van die drankwinkel het my gehelp om die voorraad in my motor te laai en ek het my persoonlike goed op die passasiersitplek gesit en in die motor geklim. Die volgende oomblik was die kaper langs my en het my deur oopgeruk.”

Sy vertel die man het haar hardhandig uit die motor probeer pluk, maar sy het verbete teruggeveg. “Ek het hom net geskop en geskree so hard as wat ek kan. Ek het gevoel dat hy my met iets oor die kop slaan, maar het in daardie stadium nie besef dat hy my met ʼn mes bo-op my kop gesteek het nie.”

Iemand het die verdagte van haar afgetrek en hy het probeer weghardloop. ʼn Man wat gesien het wat gebeur, het egter die verdagte met sy motor voorgekeer en omstanders kon daarin slaag om hom te vang en terug te neem na die toneel toe. Die polisie is in kennis gestel en hy is op die toneel in hegtenis geneem.

Du Plessis is na ʼn hospitaal in Hillcrest geneem waar haar kopwond met steke geheg is. “Toe hy daar sit terwyl die polisie my verklaring afneem, het ek gesien hy het ‘n kruis om sy nek. Ek het hom gevra, wie probeer hy flous? Dink hy Jesus gaan hom red as dit die tipe goed is wat hy doen?”

Du Plessis het gesê sy besef haar beserings kon baie erger gewees het. “Ek is gelukkig hy het nie ʼn geweer by hom gehad nie. In daardie oomblik het die adrenalien net ingeskop en ek het terugbaklei. Ek het nie eers daaraan gedink om net my motor aan hom af te staan nie. Dit is ʼn splinternuwe motor en my eerste motor wat ek self gekoop het, so ek het baklei met alles wat ek het,” het sy gesê.

Volgens Du Plessis het sy ʼn saak van poging tot moord by die polisie aanhangig gemaak. Die polisie kon egter nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Rina Pretorius ·

GEE DIE GIRL ‘N BELLS!!!!! EK IS BAIE BLY JY IS OKAY, GEE DAAI DING GAS, LAAT HY NIE SOMMER VERGEET WAT HY PROBEER DOEN HET NIE, HY HET GEDINK JY IS JONK EN WEERLOOS MAAR JY HET HOM DIE TEENDEEL BEWYS. YOU GO GIRL!!!

ladybug ·

You go girl!!! Wel gedaan, Kriminele moet begin besef dat ons nie meer gaan speel nie, ons gaan terug baklei met mening!

Ansie Matthee ·

So trots op jou. Ons almal is nou g@tvol. Genoeg is genoeg! Nou baklei ons terug!!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Francois , man ek hou van wat ek lees . Ek hoop dat julle hom ordentlik gedril het.

tina ·

Baie dankbaar dat sy met haar lewe daarvan afgekom het….ek loop al ‘n geruime tyd met hierdie gedagte: is daar nke iewers ‘n tegnikus wat by die deure van n kar – so aan die onderkant langs – ‘n toestel kan aanbring, wat vuur kan skiet teen hierdie kriminele.. dit moet hulle so van stryk afbring, dat hulle dadelik die hasepad vat en toekomstige skurke tweekeer sal laat dink.Boonop sal hul hospitaal toe moet gaan vir behandeling en moet die hospitale vooraf weet, dat daardie wonde net een ding beteken en die owerheid in kennis stel.Is daar iemand wat soiets kan ontwerp?

Dave ·

Jou idee is nie oorspronklik nie Tina. Klompie jare gelede is ‘n gastoestel ontwerp wat vuurtonge by die deur uitskiet en harder sal/sou werk met ‘n skaker as jou beskrywing. Daar was ‘n paar media berigte met gepaardgaande fotos daaroor en nooit weer is daarvan gehoor. Klaarblyklik nie goedgekeur vir ontwerp – dit kan dalk per ongeluk geaktiveer word of so iets. Weet nie of dit werklik die rede was maar daar was bloot nooit weer gepraat daaroor.

tina ·

Baie dankbaar dat sy met haar lewe daarvan afgekom het….ek loop al ‘n geruime tyd met hierdie gedagte: is daar nie iewers ‘n tegnikus wat by die deure van n kar – so aan die onderkant langs – ‘n toestel kan aanbring, wat vuur kan skiet teen hierdie kriminele.. dit moet hulle so van stryk afbring, dat hulle dadelik die hasepad vat en toekomstige skurke tweekeer sal laat dink voor hulle hul bose planne wil uitvoer.Boonop sal hul hospitaal toe moet gaan vir behandeling en moet die hospitale vooraf weet, dat daardie wonde net een ding beteken en die owerheid in kennis stel.Is daar iemand wat soiets kan ontwerp?

Charmaine ·

Wel gedaan. Ek sou dit ook gedoen het. ons moet veg vir wat ons het.
Kenners sê in so n geval moet jy alles oorhandig en nie die kapers nie in die oë kyk nie…..se alie. Hoekom moet ons net gee. Voorspoed girl jys n yster.

Michelle ·

Een probleem met so ‘n toestel is dat mens se kinders by die huis konstant verby jou karre en om jou karre speel. So iets kan ontplooi op jou kinders, sal nie die kans vat nie. ‘n Goeie pakslae sal so iemand leer, meeste mense word vandag saam in die kar geprop en iewers vermoor, so om terug te baklei sit jou nie in gevaar nie, jy is dan reeds in gevaar. Baie mooi vroutjie, ek sou ook terug baklei.

magriet ·

good for you. jy noem jy is bly hy het nie vuurwapen gehad nie. En ek is spyt jy het nie een gehad nie. Mik vir die bells ou girl, good job!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.