‘Kaper’ kruip onder bed weg

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Noordwes het Vrydag ʼn vermeende kaper in hegtenis geneem ná ʼn mislukte poging vroeër die middag om ʼn voertuig in Klipgat naby Brits te kaap.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisneming kom nadat die verdagte en sy medepligtige glo probeer het om ʼn Toyota Venture-voertuig te kaap, maar nie daarin geslaag het nie. Die polisie is van die mislukte kaping ingelig en het hulle onmiddellik na die toneel gehaas. Toe die verdagtes die polisie sien, het hulle weggehardloop.

“Een van die verdagtes het in ʼn nabygeleë huis gaan skuil. Polisiebeamptes het hom agternagesit en hom gekry waar hy onder ʼn bed weggekruip het,” het Mokgwabone gesê. “ʼn Pistool waarvan die reeksnommer afgevyl is, is in sy besit gevind.”

Die 28-jarige verdagte sal binnekort in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tiger ·

Gee hom ‘n minimum van 10 jaar tronkstraf vir besit van ‘n ongelisensieerde wapen en bepaal WAAR hy die wapen gekry het.Dis waarskynlik een van die wapens wat of by ‘n krom polisieman gekoop is of gesteel is in ‘n plaasaanval.

moet sê ·

Hy was in opleiding
Kon wapen? gebruik het-
Geluk aan polisie se Kant
Sy medepligtige Moes niè kon ontsnap.!polisie fiksheid belangrik.
Tronke MOET sulkes heeldag laat klippekap. 10j.

Bertie ·

99persent krimineele optrede is ni van ons eie land se mense nie dis buite landers wat inkom moor .roof steel.en terug vlug

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.