Kaper moet 20 jaar sit

Argieffoto

Die landdroshof in Kimberley het Chris Potgieter 20 jaar tronkstraf opgelê vir kaping en poging tot moord. Dit nadat hy in Maart verlede jaar ʼn man op die Boshoff-pad by Kimberley gekaap en geskiet het.

Volgens lt.kol. Dimakatso Sello, woordvoerder van die Valke, is Potgieter kort ná die voorval in Wolmaransstad voorgekeer, waar hy weggekruip het. Die vuurwapen wat gebruik is om die misdaad te pleeg is op beslag gelê en die polisie het ook 15 9 mm-patrone, messe en bloedbevlekte klere in Potgieter se besit gevind. “Die polisie in Wolmaransstad het ook die gekaapte voertuig verlate langs die pad aangetref,” het Sello gesê.

Potgieter is skuldig bevind aan die misdade en Donderdag gevonnis.

Kol. Clayton du Plooy, waarnemende provinsiale hoof van georganiseerde misdaad, het die vonnis verwelkom.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Hy verdien die straf vir hierdie misdaad, Wonder maar net hoekom sommige se name só bekend gemaak word en die res van die berigte lui dat die “kapers” van “die sekere geval” 5 jaar of 2 jaar tronkstraf opgelê is sonder om hul name te noem.

Johannes ·

Hy verdien virseker sy vonnis . Tog so baie ander wat vir meer as een moord en roof skuldig bevind word kry nie eers soveel strafe nie. Laat mens wonder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.