‘Kaper’ sterf in Gauteng-ongeluk

Die ongelukstoneel tussen Vanderbijlpark en Sebokeng op 24 Desember 2014 waar 'n vermeende kaper gesterf het Foto: ER24

Die ongelukstoneel tussen Vanderbijlpark en Sebokeng op 24 Desember 2014 waar ‘n vermeende kaper gesterf het Foto: ER24

ʼn Vermeende kaper is Woensdagoggend naby Vanderbijlpark in ʼn ongeluk tussen ʼn motor en ʼn vragmotor oorlede.

“Die ongeluk het op die hoek van die R553 en die R28 tussen Vanderbijlpark en Sebokeng plaasgevind,” het ʼn woordvoerder van ER24 in ʼn verklaring gesê. “Die persoon het glo die motor gekaap en die bestuurder met ʼn mes gesteek voordat hy met die gesteelde motor gevlug het. Terwyl hy weggejaag het, het hy ʼn vragmotor getref en noodlottige beserings opgedoen.”

Paramedici het die slagoffer van die kaping na Sebokeng-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.