ʼn Vermeende kaper is Woensdagoggend naby Vanderbijlpark in ʼn ongeluk tussen ʼn motor en ʼn vragmotor oorlede.
“Die ongeluk het op die hoek van die R553 en die R28 tussen Vanderbijlpark en Sebokeng plaasgevind,” het ʼn woordvoerder van ER24 in ʼn verklaring gesê. “Die persoon het glo die motor gekaap en die bestuurder met ʼn mes gesteek voordat hy met die gesteelde motor gevlug het. Terwyl hy weggejaag het, het hy ʼn vragmotor getref en noodlottige beserings opgedoen.”
Paramedici het die slagoffer van die kaping na Sebokeng-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Owerhede stel ondersoek in.
Mooi so.
Dit is vir my tog so mooi.
Julle is wreed.