‘Kaper’ sterf in skietery met polisie

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Vermeende kaper is dood en twee is in hegtenis geneem ná ʼn skietgeveg met die polisie Donderdagaand in Limpopo.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die skietvoorval het gevolg nadat ʼn 35-jarige motoris van Roossenekal stilgehou het om die drie mense ʼn saamrygeleentheid te gee.

“Toe hulle naby hul eindbestemming kom, het een van die drie skielik ʼn vuurwapen uitgeruk en die bestuurder gedwing om stil te hou. Die bestuurder is daarna uit die voertuig geboender, waarna die verdagtes in die rigting van Groblersdal gevlug het,” het Mojapelo gesê.

Die polisie is van die kaping ingelig. Hulle het vinnig gereageer en die verdagtes agternagesit. Beamptes van die polisie se taktiese reaksie-eenheid het by die jaagtog aangesluit.

“Die verdagtes is voorgekeer net voordat hulle Groblersdal probeer binnery het. Die verdagtes het op die polisie begin skiet en die polisie het teruggeskiet.”

ʼn Verdagte is doodgeskiet en een is gewond. Die derde verdagte se been is voorheen geamputeer en hy is afhanklik van krukke. Hy het homself aan die polisie oorgegee.

Die polisie het beslag gelê op die gekaapte voertuig en ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Die verdagtes moet binnekort in die Groblersdal-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tina ·

10/10 SAPD. Sou dink mens het al sy les geleer oor rylopers. Mens doen net nie daai ding nie.

Leahim ·

Ek dink as die polisie besig was met n pad blokade waar jy Groblersdal inkom het hulle die kapers en miskien nog n dosyn of meer wetsoortreders gearesteer dan sou ek my dankbaarheid uitgespreek het,en hulle sou n ordentlike dag se werk gedoen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.