Thabo Patrick Matjomane (25), wat daarvan verdink word dat hy ʼn man in Middelburg in Mpumalanga se voertuig gekaap, hom in die voertuig se kattebak geprop het en daarna in ʼn ongeluk betrokke was, het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Kol. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê Matjomane staan tereg op aanklagtes van kaping, ontvoering, poging tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.
Matjomane is Woensdagmiddag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn Audi A4 in die Kanonkop-omgewing gekaap het.
“Die verdagte het die eienaar van die voertuig in die kattebak ingedwing en weggejaag. Hy het in ʼn stadium beheer oor die voertuig verloor nadat hy sommige verkeersligte verontagsaam en in ʼn sloot beland het,” het Bhembe gesê.
Bhembe het gesê ʼn paartjie het by die ongelukstoneel stilgehou om die bestuurder van die voertuig by te staan, toe hy ʼn vuurwapen uitgeruk en dit op hulle gerig het. Hy het na bewering die sneller getrek, maar niks het gebeur nie.
Die verdagte het te voet op die vlug geslaan. Die man wat stilgehou het om te help, het hom agternagesit toe ʼn polisievoertuig wat patrollie gedoen het toevallig daar verbygery het. Die man het die polisie voorgekeer en vertel wat gebeur het.
“Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur. Toe die paartjie terugkom by die Audi, het hulle ʼn geklop in die kattebak gehoor. Hulle het die kattebak oopgemaak en die eienaar van die voertuig daarbinne gevind.”
Die polisie kon daarin slaag om die verdagte aan te keer en in hegtenis te neem. Hy is deur die paartjie en die man wat gekaap is, uitgeken.
Matjomane se saak is tot 7 September uitgestel vir sy formele borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.
Sulke goed moet glad nie kans kry vir borg eers nie. Daar moet na ernstige gevalle gekyk word (soos diè geval) en die gemors moet nie kan aansoek doen vir borg nie. Regtig!!!!!
Kyk vat vang hulle aan en word op die hande gedra – want hulle het regte. My magtig man.
Theresa, van menseregte die nuwe gons woord geword het, het alles anders by die deur uitgewaai!!
Gee hulle selfde behandeling as doodskis 2
‘n Groot klip en ‘n sterk tou, om sy nek……in die diepsee! Anders gaan hy dit weer doen!
nou hoe verskil sy optrede van die doodskis duo sn?
1, hulle wou iemand wat oortree het, bangmaak. nie eers straf nie. hy wou n onskuldige van sy eiendom ontneem.
2. hulle het ouvictortjie in n doodskis gedwing maar nie die deksel toegespyker nie. thabo het die onskuldige in n kattebak gedwing en die deksel toegemaak.
3. oostehuizen en martins het gedreig om petrol wat hulle nie gehad het nie, oor die kis te gooi en aan die brand gesteek. thabo het die kar van die pad af in n sloot gery.
4. oostehuizen en Martin’s het hulleself gaan oorgee, thabo het gevlug.
5. oostehuizen en martins het n omstander n opstoper gegee thabo het n ongelisensieerde , vermoedelik gesteelde vuurwapen op persone wie hom wou help gerig EN die sneller getrek.
6. oostehuizen en martins is wit, thabo is swart. WAT GAAN DIE NVG AAN DIE MAN DOEN???
Puik, Puik vrae Snoefie!!!!
Ek wil sien wat van hierdie saak gaan word.
Ek hoop hulle behandel hierdie saak dieselfde as die doodskis saak.
Ons moet plakkate maak van jou kommentaar Snoefie…..sommer BAIE
Borg aansoek!!!!!! Ja nee weet nie meer
Nou waarom staan hy nie ook tereg op roekelose en onbedagsame bestuur nie? Anders gesien, gelukkig dat hy nie kon bestuur nie want dit het waarskynlik die passasier in die kattebak se lewe gered.