Kapers besef nie hulle teiken LUR

Speedy Mashilo (Foto: ANC Mpumalanga Provincial Caucus/Facebook)

Niemand is nog aangekeer vir die kaping en roof van die LUR van menslike nedersetting in Mpumalanga nie. Volgens ʼn woordvoerder van die ANC het die kapers glo aanvanklik nie besef Speedy Mashilo is ʼn hooggeplaasde in die provinsiale regering nie.

Mashilo was glo op pad om te gaan jag toe hy Donderdag teen 12:00 deur gewapende kapers in ʼn BMW voorgekeer is. Hy was in sy Toyota Hilux-bakkie tussen Ekangala en KwaMhlanga op pad. Die boewe het hom in die BMW gedwing en met hom na die Oos-Rand gery. Een van die kapers het sy bakkie bestuur. Die kapers het hom agt uur lank aangehou voordat hulle hom in ʼn afgeleë gebied naby Tembisa afgelaai het. Hy is van kontant en verskeie ander besitting beroof.

Die polisie het ʼn soektog na die kapers van stapel gestuur, maar polisiewoordvoerder Selvy Mohlala het Maandagoggend aan Maroela Media bevestig dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Sello Matshoga, woordvoerder van die ANC in Nkangala, het aan IOL gesê Mashilo het sy lyfwagte die naweek afgegee terwyl hy gaan jag het. Volgens Matshoga het die kapers glo nie geweet Mashilo is ʼn LUR nie en dit is eers nadat sy foon onophoudelik gelui het, dat hulle besluit het om hom af te laai. “Volgens die LUR het die kapers aan hom gesê, ‘jy gaan vir ons moeilikheid maak’, kort voordat hulle hom afgelaai het.

Die soektog na die kapers duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pierre ·

Krimele is mos net bestem vir gewone burgers, askuus hulle moes seker maar eers gevra het of hy fair game is of nie, daar sal sekerlik `n 72-uur taakspan saamgestel word met die helfde van die polisie mag om te help soek.

Pietertjie ·

Mag LUR’e en ander BBP’s nie geteiken word nie? Dis al erg genoeg dat hulle van beurtkrag vrygestel word. Maar misdaad? Is daar iewers ‘n ongeskrewe Wet dat hulle nie geteiken mag word nie? ‘n Gekke-paradys.

Swerwer ·

Wat maak dit nou saak of hy ‘n hooggeplaasde is. Dit is sy mede landsburgers. Dit verhef hom nie bo ander om ook gekaap /geroof/aangeval/gemoor/mishadel te word nie, of word die kriminele opgelei om net nie- Regeringsamptenare te teiken? Wel miskien moet die “Hooggeplaasdes” leer hieruit en die krimninele leer om eers te vra of die persoon wat hul aanval ‘n “Hooggeplaasde” is.

Misky ·

Hy het vir ‘n halwe dag ‘n vae idee gekry waardeur ons gewone, belastingbetalende burgers daagliks gaan en aan blootgestel word. Hy is nie spesiaal nie

Jaco ·

Kaap our people dan our people ook? Wat dan nou van Black Lives Matter en human rights en ubuntu? Hoe breek die kaping van ‘n swart man die sogenaamde houvas wat “wit monopolie kapitaal” glo nog op SA het?

Vonkprop ·

Ek dink hier is nou iets per ongeluk ontbloot wat ons nie moes geweet het nie. Kriminele word voorgesê deur leiers om net gewone mense aan te val en nie “belangrike kaders” nie.

SjN ·

Nou maak dit hom onaantasbaar, voel die werklikheid wat wetteloosheid aanbetref sonder jou klomp lyfwagte.

Racheltjie Debeer ·

Lekker! Dalk sal die regering nou wakker skrik en besef waardeur ons gewone mense elke dag gaan.

Swerwer ·

Nee, Cele en die ANC Kader sit agter al hierdie geweld in ons land. Hy is dan ook een van die skuldiges verantwoordelik vir Natal en Gauteng se orgie van vernietiging.
Van daar is hy stil en word hy nie gesien en gehoor nie.

Toy ·

Dit is sleg om dit seker te se, maar nou weet hy waardeer gaan ander mense wat nie lyfwagte het nie.

Peach ·

Is dit dieselfde AGBARE COMRADE wie na bewering van ongeveer 100k beroof is of, is hierdie ‘n ander insident?

Catherina ·

So as jy n hooggeplaaste is, mag jy nie ontvoer word nie?!

Heinrich ·

Ag maar dit is mos niks anders as reg as die ANC ook so tikkie smaak van die lewe wat hulle vir ons gewone landsburgers geskep het nie.

Kobus ·

Het die jagseisoen nie 31 Augustus gesluit nie? Hy sal ook seker ter verdediging van die ontvoerders se dat dit deel van die ” Demokrasie ” is wat beter raak.

Di ·

Nou het een van die ANC Kaders self uitgevind wat ons elke dag moet deurmaak! Hulle word mos 24 uur beskerm deur lyfwagte. Die noodlot speel partykeer snaakse draaie met mens op jou oe oop te maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.