‘Kapers’ dood ná skietery met polisie

Argieffoto

Argieffoto

Twee persone is dood en twee in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoedjaagtog met die polisie in Verulam, KwaZulu-Natal.

“Die Inanda-misdaadeenheid was vanoggend in die vroeë oggendure besig met roetinepatrollie toe die beamptes ʼn verdagte Toyota Quantum-voertuig opgemerk het wat na bewering vroeër vandeesmaand in Inanda gekaap is,” het kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Toe die beamptes die voertuig wou aftrek, het die bestuurder weggejaag en die beamptes het hulle agternagesit. Die bestuurder het egter beheer verloor oor die voertuig en in Verulam ʼn ongeluk gemaak,” het Mbhele verduidelik. “Die verdagtes het op die polisie geskiet, en die beamptes het teruggeskiet.”

Twee verdagtes is noodlottig gewond. “Twee persone is op die toneel in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen wat vir ballistiese toetse gestuur sal word om te bepaal of dit met enige ander misdaad verbind kan word.”

Die twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 35 jaar oud, sal binnekort in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en kaping.

Mbhele het verduidelik die slagoffer het op 13 November omstreeks 21:30 met sy Toyota Quantum in Emachobeni in Inanda gery toe vier passasiers hom met ʼn vuurwapen gedreig het. “Een van die persone het met sy kontant en selfoon weggery. ʼn Saak van kaping is by die Inanda-polisiestasie aanhangig gemaak vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

lettie ·

Puik dienslewering en dankie vir waagmoed en om SA n veiliger plek te maak.

Cherokee ·

‘….. vroeër vandeesmaand in Inanda gekaap is’ en nou (later vandeesmaand) word hulle in Verulam gevang en geskiet. Soos die kraai vlieg is daar sowat 10 kilos afstand tussen Inanda en Verulam. Ek het gedink kapers neem gesteelde voertuie so spoedig moontlik uit die omgewing, maar hulle was (te) mak.

Andri ·

Dis reg, haal hulle uit… hoe meer ons van kan ontslae raak van hoe beter vir die samelewing….. hulle gee in elkegeval nie om vir ander se lewens nie… so hoekom moet ons oor hulle lewens omgee.

wilma ·

Ai hoe verlang ek trug na 1981 tu ons in Verulam gewoon het. Skaars n handjie vol wittes. Soveel harmonie gewoon saam Indiers. Nou dit net nog n misdaad mekka. ANC regering het als kom opmors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.