Kapers gefnuik, gemeenskap loof bouers

kaping-bekamping

Die span bouers word nou die helde van Bedfordview genoem. Foto: Basically Bedfordview/Facebook.

Dino Salgado is Saterdagaand byna in Kloofweg, Bedfordview, gekaap. Die voorval kon so maklik net nog deel van misdaadstatistieke geword het en is meeste Suid-Afrikaners se grootste nagmerrie, maar danksy ʼn span bouers het die storie ʼn heel ander wending geneem.

Volgens Salgado het die kapers daarin geslaag om in sy erf te kom en selfs ʼn paar skote af te vuur, maar gelukkig is niemand in die voorval beseer nie.

“ʼn Span konstruksiewerkers wat besig is om huise langs ons te bou, het egter die gewapende man uit ʼn Golf R sien klim. Hulle het die aanvallers dadelik met klippe en halwe bakstene gegooi terwyl hulle geskree het ‘Loop julle tsotsi’s!’. Hulle het aangehou om die kapers met bakstene te bestook selfs al het die gewapende man skote op hulle afgevuur.”

Die kapers het later die aftog geblaas met ʼn gebreekte voorruit en stukkende kantspieëltjies, het Salgado op die Bedfordview-gemeenskap se Facebook-blad geskryf. Hy meen die bouers se dapper optrede het hom die kans gegun om veilig uit die situasie te kom.

“Ek wil die 28 bouers van harte bedank. As hulle nie die aanvallers gebombardeer het met bakstene en klippe nie sou ek nie betyds in my motorhuis kon kom en die deur sluit nie.

“Dit is voorwaar lekker om te sien hoe Suid-Afrikaners teen misdaad kan saamstaan – julle is ware kampioene,” het Salgado gesê.

Salgado se inskrywing het reeds wyd reaksie op Edenvale sowel as Bedfordview se Facebook-groepe ontvang en lesers het die groep geloof en bedank vir hulle dapper optrede teen die kapers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Netekke ·

Awesome!!!! Hulp uit ‘n on verwagte oord. Mag daar 28 manne geseënd wees vir altyd.

Fj ·

Aan die bouers, julle verdien beslis erkenning van die hoogste eer..julle het aan SA getoon hoe daar saam teen misdaad opgetree kan word..

al ·

Nou is Bedvordview se bouers ons helde ook! Mooi so! Dankie dat jul ñ man ten hulp gesnel het.

Lollie ·

Baie baie lekker om so storie te lees tussen die moord en doodslag stories wat altyd oorheers. Dankie vir sulke mense! Almal van julle verdien ń GROOT dankie. As ons almal so tewerk gaan sal die misdaad syfer beslis daal. Saam kan ons ń verskil maak!

Charmaine Coetzee ·

Gee hulle n bells mooi gedaan julle bouers!!!!!

Johan. H. ·

Gee vir elkeen R1000.00, dit kon jou lewe gewees het. Die klomp ysters, R28000.00 is darm seker nie teveel nie,

Berny ·

To the construction workers – you made us PROUD! God bless each and everyone of you.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.