Kapers gooi 2-jarige uit motor    

Argieffoto: Kent Williamson

Kapers het Saterdag ʼn tweejarige seuntjie uit ʼn motor gegooi en sy pa met ʼn vuurwapen gedreig tydens ʼn kaping in Virginia in die Vrystaat.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 14:00 in Saaiplaas plaasgevind.

Die 34-jarige Mazhar Hassen was besig om sy seuntjie op die agterste sitplek van die motor vas te gordel toe hy deur twee onbekende mans genader is.

“Hulle het ʼn vuurwapen op hom gerig en sy seun uit die motor gegooi voordat hulle met sy wit Volkswagen Polo gevlug het.” Die motor se registrasienommer is FVD 694 FS.

Volgens Mokhuoane was Hassen se beursie met sy bankkaarte, bestuurderslisensie en kontant in die motor waarmee die kapers weggejaag het.

“Die Virginia-polisie is na die toneel ontbied en ʼn saak van kaping is aanhangig gemaak vir verdere ondersoek.”

Mokhuoane het gesê die seuntjie en sy pa is ongedeerd ná die voorval.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om ao. Lesole Monye te bel by 082 084 2401.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sterkte ·

Ek is bly hulle is ongedeerd. Ek hoop nou net ALLE minderheidsgroepe wat tot nou toe GEEN simpatie met die blankes wat vermoor is op plase gehad het nie sien nou hoe die aanvalle op hulle ook begin toeneem. Dit gaan nou nie net meer oor apartheid nie maar rassehaat en xenofobie. Julle moet nie meer dink die ANC gee vir julle as minderheidsgroepe om nie, al stem julle ANC .. hulle sien steeds met verskillende brille.

Wonder ·

Ai, hier gaan ons alweer. Nou moet daar weer oor ras gepraat word. Dit maak nie saak wat jou velkleur is nie, misdaad affekteer almal!

DS ·

Ek persoonlik dink nie dis die ANC wat agter die aanvalle sit nie. Dink maar net wie is die een wat die afgelope paar maande die Indiers ook rassiste genoem het. Daai ene het meer invloed as wat ons dink.

Leser ·

Geweld teen ENIGE persoon is sinneloos en onnodig. Ek wens die waansin wil stop!!

Amelia ·

Dankie tog die kind is uitgegooi…….anders het ons dalk vandag op die voorblad gelees van n kindjie wat dood is. Ek was eers woedend toe ek sien die kind is gegooi, maar dadelik besef dit was n genade.

Dawie ·

Moet daar nie ook n klag van poging tot moord bygevoeg word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.