Kapers jaag met baba weg

Die baba is veilig teruggevind. (Foto: Facebook)

ʼn Sewe maande oue babaseuntjie van Kaapstad is ongedeerd teruggevind ná kapers Maandagoggend in Observatory met hom in sy ma se Volkswagen Polo weggejaag het.

Die voorval het omstreeks 10:30 in Bishopstraat plaasgevind waarna ʼn foto van die baba wyd op sosiale media versprei is.

Verdere besonderhede oor die kaping is nie in dié stadium beskikbaar nie en dit is nie duidelik hoeveel kapers betrokke was nie.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, sê die voertuig is kort daarna deur die polisie se blitspatrollie en K9-honde-eenheid in Voortrekkerweg in Maitland opgespoor.

“Verdere ondersoek op die toneel het die polisie na ʼn adres in Dellville Square, ook in Maitland, gelei waar die baba veilig opgespoor is.

“’n Moontlike verdagte is reeds geïdentifiseer, maar nog nie amptelik in hegtenis geneem nie.”

Maroela Media het die gesin om kommentaar genader en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Prontuit ·

Jy is UITERS dof as jy ‘n kar kaap en dit nog met ‘n kind ook in!!!!! dit lok mos nou 30 keer meer publisiteit – ooi daar is nie pille vir domgeit nie net vreeslik dankbaar die outjie is veilig en ongedeerd gekry goeie nuus by so iets is altyd welkom

Misky ·

Enige ouer se grootste nagmerrie dink ek!!! Dankie Vader die kleine kindjie is veilig gevind

Mariaan ·

My hart…dankie tog mamma en kleinding is ok….dis SA….ai

JM ·

Gewetenlose skuim!! Hoop hy word lank toegesluit. Ek kan my net die ma se angs voorstel!

Johann ·

Ek is dankbaar dat die kind veilig is, maar, wanneer gaan mense besef om NIE n Polo te koop nie….elke dag word daar honderde Polos gekaap

AmY ·

Ek kan nie myself indink wat daai mamma moes deur gaan terwyl haar babatjie vermis was nie. So dankbaar alles het goed geëindig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.