Kapers jaag weg met dogtertjie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Dogtertjie is Sondagmiddag vinnig met haar gesin herenig nadat hulle in Danville in die weste van Pretoria gekaap is.

Rufus Engelbrecht (24), ʼn inwoner en vrywilliger van die gemeenskapveiligheidsorganisasie Area Patrol, het die voorval omstreeks 12:13 voor hom sien gebeur.

“Die dogtertjie se tannie het in ʼn wit Polo gery,” het Engelbrecht aan Maroela Media gesê. “Drie mans het haar motor met klippe gegooi, en toe sy stilhou, het hulle haar uit die motor gepluk en weggejaag.” Die vierjarige dogtertjie was nog in die motor.

“Ons het dadelik reageer en hulp oor die gemeenskapradio ontbied. Die polisie in Pretoria-Wes en ʼn veiligheidsmaatskappy het ons bygestaan,” het hy bygevoeg.

Ná ʼn jaagtog deur die gebied se strate het die bestuurder van die gekaapte motor stilgehou en twee van die verdagtes het uitgespring en te voet gevlug. Die bestuurder het weer weggejaag en die dogtertjie uiteindelik in Van den Bergstraat uit die motor gegooi. Daarna het hy self sowat 5 km ver in ʼn veld in gery, stilgehou en ook weggehardloop.

“Die dogtertjie het darem nie seergekry nie,” het Engelbrecht bygevoeg.

Die Pretoria-Wes-polisiestasie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Griet ·

Stem saam, Knap gedaan! vriendelik
In die liewe lewe, hoekom hou sy stil??? As iemand jou met klippe bestook, is hulle jou beslis nie vriendelik gesind nie.

HEVW ·

Hier het ons weereens die bewys van die belangrikheid van paraatheid. Die regte persoon was toevallig in die nabyheid en kyk wat het gebeur. Was sy by inligtings – opleidingsaksies wat deur haar gemeenskap georganiseer was, sou sy heelmoontlik nie stilgehou het nie.Paraatheid by stedelinge en veral by boere en die platteland is baie belangrik. Maak erns daarmee en steek gerus kers op in Israel as dit dan moed. Daar kan ons baie leer. Ons moet begin aanvaar ons sal ons lewensstyl moet prysgee tenspyte van kostes, gemak en gerief.

JJobson ·

Kry i job n los andere yt,die wat klip gooi sal sy klp in veelvoude ontvang.

"Huh!" ·

Gelukkige einde wat ‘n nagmerrie kon gewees het.

Hoekom het jy stilgehou!?

AmY ·

Ek is so dankbaar die gebeurtenis het ‘n gelukkige einde gehad.

Maar waaom die klein kindjie ‘uit die motor uitgooi?’ En dit na hy ‘ n hele ent gejaag het met die klein kindjie in die motor?

Dis net weereens ‘n bewys van hoe gevaarlike en gevoelloos motorkapers is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.