‘Kapers’ minute ná kaping vasgetrek

Argieffoto: https://pixabay.com

Polisiebeamptes in Kaapstad het Donderdag in die vroeë oggendure vyf vermeende kapers in Kraaifontein vasgetrek slegs minute nadat ʼn kaping plaasgevind het.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê verkeersbeamptes het gereageer op die opsporingsein van een van die gekaapte voertuie.

“Lede van die Maitland-blitspatrollie was omstreeks 03:50 besig met patrolleringspligte in Kraaifontein toe hul aandag op ʼn sein van ʼn Toyota Corolla gevestig is wat minute vroeër gekaap is,” het Traut gesê.

Die polisie het die voertuig op Botfonteinweg tot stilstand gedwing en vyf insittendes tussen 21 en 28 jaar oud is in hegtenis geneem.

“ʼn Deursoeking van die voertuig het gelei tot die ontdekking van ʼn nagemaakte vuurwapen, sewe selfone en toerusting wat gebruik word om by huise in te breek insluitend ʼn breekyster,” het Traut gesê.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ʼn gekaapte voertuig sowel as die besit van gevaarlike wapens en huisbraaktoerusting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

johannes ·

NOAH het groot geword onder die ANC regering vandat hy n10 jaar oud was

Huh? ·

Johannes, nou waar val jy nou uit?
Mooi en blitsige werk deur polisie!

Wolf ·

Moenie oor johannes worrie Huh. Hy is kwaad, lees liewer die storm in n teekoppie oor Trevor Noah. Dan sal jy verstaan. Ek stem saam, wat het van diegekaaptes geword? Daar was mos mense betrokke ne? of anders is dit net “Alledged” diefstal.

Sarel swartbrand ·

Kraaifontein is n gelukkige plek waar polisie patrolie ry tussen 12 en 5 in die oggend dit is ongeken in pretoria.

Tokkolos ·

Sarel weet nie wat jy bedoel met ‘ongeken’ nie en baie pretorianers besoek ook kaapstad regtig ek het vir n jaar daar gebly My ma is daar in ouetehuis Helfte van my familie bly nog daar en ons is groot familie maar dit het maar lekker wilde weste daar geword. Maar anyway mooi werk SAPD jul is al net so bedrywig soos die in pta lyk my jul is net bietjie wakerder daar. Mooi man

Oom Kalahari ·

Uitstekende werk deur hierdie polisie beamptes en ‘n klop op die skouer. Dit is die gehalte van diens wat die publiek graag na uitsien en verlang. Wel gedaan en jul was uitstekend in die uitvoer van jul pligte en hoop misdaad kan meer so bekamp word. Die misdadigers moet ‘n vrees he en nie eers tyd kan kry om te dink nie, maak jag op hul. Dankie vir jul flinke diens en optrede en wens jul alle sterkte en veiligheid toe.

Gerrit ·

Ek het nie gedink ek sal ooit weer sê goeie werk nie maar dit kom hulle toe en ek hoop hulle inspireer die ander ook?

Chrisjan ·

Ek merk op uit berigte wat Maroela Media plaas, dat SAPD in Oos- en Weskaap gereeld vinnige en suksesvolle arrestasies maak. Waarom is Gauteng minder (baie minder) suksesvol?

Nettie ·

@Chrisjan …. die SAPD in die Oos- en Weskaap maak meer gereelde arrestasies …. omdat die SAPD in die Oos- en Wes-Kaap nie uitsluitlik bestaan uit lede van die meerderheidsras in SA nie en hierdie lede nog hul eed om te dien, navolg.

Alida ·

Met elke besoek aan die Weskaap het ek opgelet dat die SAPD baie sigbaar is oral. Dit behoort regoor die land te gebeur. Mnr Cele sal die kwessie moet aanspreek.

Daan ·

Die polisie in Pretoria is pateties ek sien hulle nooit behalwe as ek n afidavid moet kry by polisie kantoor dan sukkel ek my alie af want party kan nie lees of skryf nie en die wat kan is so arrogant as kan kom.My opinie is ons kom sonder hulle klaar pleks gebruik hulle die klomp as hek wagte by staats geboue en gebruik die polisie stasies vir opgeleide sekerheids maatskappye om die publiek veilig te hou

Nuala ·

Ek het gister twee polisie mans gesien slaap in n polisie bakkie in Pretoria moot dit was half vyf die oggend ,pleks patroleer hulle en wees sigbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.