‘Kapers ontvoer 3-jarige’: Vrou vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou is in hegtenis geneem in verband met ʼn klag wat ingedien is dat kapers na bewering ʼn ma en driejarige seuntjie gekaap het en toe met die seuntjie weggery het.

Maroela Media het vroeër berig die polisie in Pretoria is op soek na ʼn driejarige seuntjie nadat kapers na bewering sy ma uit die motor gestamp en met hom weggejaag het. Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het egter ’n kort ruk gelede aan Maroela Media bevestig dat die klag vals is en die vrou wat die bewerings gemaak het in hegtenis geneem is.

Volgens Van der Merwe sal die vrou binnekort in die hof verskyn op aanklag van regsverydeling. Die vrou het beweer dat sy Donderdagoggend drie rylopers op die Molotopad, noord van Pretoria, opgelaai het. Sy het gesê die mans het haar versoek om hulle na die Kameeldrift-polisiestasie te neem.

Volgens die vrou was sy naby die stasie toe die mans haar gedreig en beveel het om verby te ry. Die vrou het beweer die kapers het haar in Buffelsdriftstraat gedwing om stil te hou, haar met haar handsak uit die motor gestamp en toe met haar seuntjie steeds in die motor weggejaag.

Van der Merwe het vroeër bevestig die motor is later in Kwamahlanga in Mpumalanga gevind, maar daar was geen teken van ʼn seuntjie nie. Dit is nie in dié stadium duidelik of die vrou enigsins ʼn seuntjie het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gert ·

Die rot wat ons almal (nee, net sommige van ons) geruik het, het toe sowaar ‘n erge reuk!! “Arme seuntjie”.

Gert ·

Die rot wat ons almal – nee, nie almal nie – geruik het, het toe ‘n erge reuk. “Arme kind”.

Edward James Shawe Snr ·

Ek het al geleer as my vrou vermoed of net n gevoel kry oor iets wat nie reg klink of lyk nie dan luister ek vir haar. Sy het reguit op news 24 gese: Something Fishy is going on”. Kyk nou net. Ek reken my vrou moet by Intillegensie gaan werk. Sy sal baie sake oplos.

Hannelie ·

Dankie Edward Snr dan kan baie sake opgelos word, wat al jare hang en nerens heen gaan, of iets van kom nie.

AnT ·

Watter ma – en vrou alleen – gaan 3 vreemdelinge oplaai wat duimgooi. Maar die stupid vrou jaag almal se emosies op hol met die 3-jarige wat weerloos is en ontvoer is. #Psycho

DPJ ·

Ag wat die vrou wou net een keer in die koerant nuus kom. Net jammer hul het nie ‘n foto van haar geplaas nie. Dan kan almal sien hoe lyk ‘n skelm.

tollies ·

al die komentaar op die vorige berig is die aandag wat sy wou hê
net aandag op n onstabiele manier gesoek

SNEL ·

Laat daai koppie raas is nou lyk my maar so, maar die vrae is nou; het sy n kind, indien wel; het sy iets aan die kind gedoen en wou sy dit toesmeer met die kapings storie. As sy nie n kind het nie, skreeu sy duidelik uit vir intensiewe hulp by n inrigting, want wat wou sy dan nou bereik het. Daar is genoeg drama en intrige in ons land, waarom mense nog ontstig en ontseld maak, deur so wolgaarstorie mee op hol te gaan. Mense gebruik ons misdaad in ons land deesdae te maklik om hul eie dade toe te smeer. Kyk, tot die Rabbi vlug hierheen om sy mannewales onder die mat te probeer invee. Hoop hul pos hom terug van waaraf hy kom.

Liewe Heksie ·

Shame 5 min of fame en volgens my het sy nie eers n kind nie

charlene ·

Ek het gesien hoe baie mense gestir kommentaar lewer oor iets is nie reg nie en hoe laai `n alleen vrou mense op MAAR almal het darm aan die kind gedink nou kom dit aan die lig dat sy gelieg het…. en is daar ooit `n kind. Op so op `n mens gevoel te speel en dan is daar nog baie polisielede wat klagtes rakende kinder heavy vat en alles in hulle vermoë sal doen om daai kind te vind… Party mense het net nie `n hart nie.

Theresa B ·

Goeie grond. Die lewe is so boos en siek en dan het die mense nog tyd vir sulke snert!!!!!

TM ·

…of sy het die kind iets aangedoen en wou dit laat lyk of die “kapers” iets aan hom gedoen het…?!

Ahooy ·

Slim!!! Dink jy die polisie sou gesoek het na die kar as dit net gesteel was???? Minstens het sy nou haar kar terug!!!

Weezie ·

1ste: Watter vrou tel drei mans op en dit met jou kind in die kar? 2. van waneer af gooi hulle jou uit met jou handsak? Dink haar medikasie is nie sterk genoeg nie.

Hettie ·

Waar is seuntjie nou? Want ‘n vrou het vir polisie gejok!

Verstom ·

Het die vrou nou ‘n seuntjie of nie. Kan mens so mal wees om sulke goed uit te dink en die hele gemeenskap te ontstel. Nie geworry oor haar nie, maar kon gisteraand nie slaap oor die 3jarige kind. Het heelnag geworry in watter vrees daai kind moet wees. Kan mens so laag daal.
Maroela laat weet ons asb meer. Gee meer inligting deur, want ons almal wonder.

Karma ·

Soveel om die polisie se tyd en mannekrag te mors!!! Ek wonder ook: het dié vrou ‘n kind, of dalk nie, en – as sy ‘n kind het, het daar nie iets gebeur met die kind wat sy nou probeer toesmeer nie? Gits, ek dink ‘n maatskaplike werker se hulp moet hier ingeroep word. Andersyds is sy seker net verveeld of ongebalanseerd en moet sy behandeling kry.

elsa ·

Mense ek hoop regtig nie sy het iets met die kind gedoen en nou wil sy dit toesmeer nie. Dan is sy regtig siek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.