Kapers, polisieman tydens skietery in PTA gewond

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

ʼn Polisiebeampte is in ʼn kritieke toestand nadat hy Sondagaand tydens ʼn oor-en-weer-skietery met drie vermeende kapers in Pretoria gewond is.

Volgens kol. Noxolo Kweza, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval by ʼn woonstelblok in Hatfield plaasgevind.

“Die polisie het ʼn wenk ontvang dat ʼn gekaapte voertuig by die woonstelblok opgemerk is,” het Kweza Maandag gesê.

“Toe polisiebeamptes by die woonstelblok aankom het die vermeende kapers op hulle losgebrand. Die polisie het teruggevuur.”

Die drie vermeende kapers is ook tydens die skietery gewond. Kweza kon nie meer inligting oor die aard van hul beserings verskaf nie.

Die polisie het op ʼn blou lig, ʼn koeëlvaste baadjie, en drie vuurwapens beslag gelê. Drie gesteelde VW Golf-motors is ook gevind.

Die drie verdagtes is in hegtenis geneem en word aangekla van poging tot moord, die besit van gesteelde goedere, en die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Hulle moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.