Kapers ry met seun (3) weg

Opvolg: ‘n Vrou is in hegtenis geneem. Lees meer hier.

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Pretoria is op soek na ʼn driejarige seuntjie nadat kapers na bewering sy ma uit die motor gestamp en met hom weggejaag het.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou het glo Donderdagoggend drie rylopers op die Molotopad, noord van Pretoria, opgelaai. Die mans het die vrou versoek om hulle na die Kameeldrift-polisiestasie te neem.

Naby die stasie het hulle haar glo gedreig dat sy verby moet ry. Die kapers het haar na bewering in Buffelsdriftstraat gedwing om stil te hou en haar met haar handsak uit die motor gestamp. Hulle het met haar seuntjie steeds in die motor weggejaag.

Van der Merwe het bevestig dat die motor later in Kwamahlanga in Mpumalanga gevind is, maar die seuntjie is steeds soek. Die motief vir sy ontvoering is nog nie vasgestel nie.

Volgens Van der Merwe het die vrou nie die mans geken nie. Dit is nie duidelik of hulle vuurwapens by hulle gehad het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

m ·

Ag nee rerig, is daar regtig nog sulke dom mense wat rylopers oplaai. In hierdie siek land DOEN JY DIT GLAD NIE. Hoop net die arme kind is veilig.

Marlize Hickman ·

Daar was nuwe berig dat die vrou in hegtenis geneem is. Hele storie in onwaar

Hannelie ·

Sommer geweet dit is ‘n groot lieg! Soek na die volgende berig op Maroela Media ivm hierdie storie! Die vrou is uitgevang!

Cliff ·

Nou hoe laai ‘n vrou alleen deesdae nog drie onbekende mans op wat ryloop. ?

Chanique ·

Beplan? Mal mense daar buite… Enige iets om dit legit te laat lyk

Debbie Reynders ·

Asb Here hou U hand oor hom en bring hom veilig terug na sy ouers toe. Waarna toe gaan die land van ons?

debbie ·

Vertraag regtig, is die kind al gevind, is daar nie fotos van hom wat mens kan verspry nie

Debbie Reynders ·

Asb Here hou U hand oor hom en bring hom veilig terug na sy ouers toe. En vir die MA het ek nie woorde nie hoe tel jy iemand op langs die pad en dan is dit nog 3 ook dink n bietjie.

Simpatie ·

M, ek verstaan dat jy dink dit was onsinnig. Maar ons ken nie die omstandighede nie, so laat ons eerder bid vir hierdie vrou en haar seuntjie? Kan jy dink hoe die onsekerheid en skuld aan haar knaag, en jy reageer so? Ek hoop van harte hy word ongedeerd gevind!

alida ·

hierdie is n bog storie van wanneer af gee hulle jou handsak vir jou as hulle jou roof daar is geen manier, hier is n rot en hy stink, my vermoede maak my bang

Rita Rossouw ·

Dit is menslik in hierdie tye waarin ons leef dat die 1ste gedagte negatief is. Dit feite klink heel onwaarskynlik vir my. Sou dit wel anders wees, vergewe die negatiewe gedagtes.

charmaine ·

Regtig hoe stupid. Al wil n mens iets goeds doen, maar nie dit nie.
Op my pad werk toe en huistoe is daar n ou(wit) in lugmag klere wat duim gooi ek neem aan hy is werk saam by die lugmagbasis in Centurion dit is op my pad elke oggend (soos vanoggend) dink ek kan hom help maar nee, ek kan nie so n kans waag nie. Al is hy in uniform en sien hom gereeld. Jy kan nie eers stop as iemand se motor onklaerraak nie.

Lollie ·

Nee nugter alleen weet hoe laai jy n ryloper op? Iets is bitter verdag. Die arme onskuldige kind , hoop hy word terug gevind.

Cins ·

Hmmm iets klink nie reg hier nie…… daars n slang in die gras

Lynet ·

Nee wat hier is iets nie lekker nie. Ek bid net dat die arme kind nie iets oor gekom het en die ma dit op so ‘n manier probeer wegsteek nie.sic

Petro ·

Dit ruik na iets slegs, wie is vandag nog so naief om vreemde mense op te laai!!

Theresa B ·

Liewe hemel tog. Bly die vrou onder ‘n klip? JY LAAI NIEMAND MEER OP VANDAG LANGS DIE PAD NIE! KOM NET BY IN DIE LEWE – ASSEBLIEF TOG!!!!!!!!!!!!

NET EKKE ·

Nee regtig ek kry koue rillings is sy verstandloos regtig dit is after all suid Africa Hier is wragtag n slang in die gras

Lance ·

Die vrou is net uiters onnosel om vreemde mense optelaai ….

Tess Riekert ·

Hoop hulle ondervra die Ma ordentlik. Hier is ‘n groot skroef los. Mag seker nie vra nie maar is dit ‘n wit vrou?

Petro ·

JUDGE MY MAAR….MAAR HOE VERTRAAG HOE IN DIE LAND VANDAG STOP JY VIR RYLOPERS .BEWAAR ASB DIE KINDJIE!

Santa ·

WTFudge……het sy nie n opspring stelsel in haar voertuig nie

Debbie ·

Kyk ons vir 3 swart of 3 bruin of 3 wit of 3 indiese verdagtes en vir ‘n swart kind of ‘n bruin kind, of ‘n wit kind of ‘n indier kind? Die storie dat die ras van rowers en slagoffers nie meer bekend gemaak word nie is ‘n klomp tjol. Lig ons in asseblief Maroela Media. Dit is nie rassisme nie, dit is logika.

Elzanne Nagel ·

Nee!! Ek kan nie so iets lees nie, my hart gaan uit na daardie mamma, ek hoop hulle kry haar seuntjie, ek sal dit nie oor my hart kan kry nie.

arizona ·

Ag Vader neem asseblief die slegte gedagtes uit my kop uit. Iets klink nie pluis nie. Hoekom sal enige vrou 3 vreemde ryloper mans n geleentheid gee en van wanneer af gee die skelms jou handsak vir jou terug. Ek hoop die seuntjie is ok maar ek het n hol kol op my maag. Mammaa ek hoop jou gewete is skoon.

Hoender ·

Want daar was sekerlik nooit 3 rylopers nie! Beslis iets verkeerd aan haar storie.

Anoniem ·

Hoe dom kan n mens wees. Nou moet n kleintjie daaronder lei omdat n ma nie verder kan dink nie. Geen simpatie met die ma. My simpatie le by daardie ou seuntjie. As ek die welsyn is en die seuntjie word gevind vat ek die kind weg van haar, want sy kan nie n ma wees nie. Geen ma wat enigsins bietjie kan dink doen so iets nie.

Xa ·

Ek glo nie. Duidelik lees sy nie nuus nie, die dat sy iets so stupid kan doen.

Lettie ·

Ek en my seuntjie is verlede jaar gehighjack by die huis se hek, my enigste gedagte was dat hulle hom net nie moet vat nie, ek kon aan niks anders dink nie!! Ek bid daardie seuntjie word ongeskonde gevind…n mammahart ruk as mens dié goed lees…

Griet ·

My hart gaan uit na die kind, maar hoe doen ‘n ma so iets wanneer haar kind saam haar is? Self die wyfies in natuur se instink is om te beskerm en die voorval is beslis nie n voorbeeld daarvan nie.

Anoniem ·

Hoe dom van n vrou om by vreemde mans te stop. In die 1ste plek was sy nie bang vir verkragting wat nog van ontvoering. Mens stop in die land glad nie meer by n ryloper nie, want voor jy jou oe uitvee is jy die loper en nie die een langs die pad. Wat nog van die kans dat jy vermoor sal word langs die pad! Ek as vrou stop by niemand, my motor se deure is altyd gesluit en ek stop self na sononder ook nie dood by n stopstraat. Jammer maar mens kan niemand meer vertrou maak nie saak watter ras dit is nie. Mens kan net bid dat die Here die seuntjie sal behoed en bewaar, want hy het nie vir so onverantwoordlike ma gevra nie!

Corlaine ·

Ek stem saam. My moeder hart ruk hier binne-in my! WAT gaan deur die arme bulletjie se koppie? Asb Liewe Jesus, ek bid vir die kleine kindjie, dat U asb U Heilige Hand van beskerming oor hom sal hou, dat hy kossies sal kry om te eet en dat hy warm sal wees en dat n wonderwerk sal plaas vind dat hy gered sal word. Dankie Liewe Jesus dat U NOOIT slaap nie. Ek bid dit in U Naam ontwil. Amen.

louis ·

Ek voel in my hart dat hierdie n beplande ontvoering was . Dalk is geld betrokke en geen gewete ni……. dink maar net iets ruik nie baie vars nie!

Berdine ·

Ek glo nie daai storie nie!! Geen mens man of vrou by sy regte denke laai n ryloper op nie. En nogal n vrou alleen met n klein kindjie. NEE iets is beslis nie reg nie..

Retha ·

Hoe in vandag se lewe laai enige regdenkende mens rylopers op? Hoop die seuntjie word gekry. Sluit sy ma toe. A nee a man.

Annelize ·

Hier is ‘n VET slang in die gras. Stamp haar uit die voertuig uit en is nogals so gaaf om haar handsak saam uit te stamp maar nie die kind nie? Hierdie klink vir my mos na ‘n beplande ontvoering, en op die res wat ek vermoed wil ek nie eens uitbrei nie.

Deloris ·

Hoe onverantwoordelik ……………………….. die arme kind….. Sommige mense wil net nie luister na waarskuwings en gevaar nie. Daar is nie pille vir domgeid nie.

wynand ·

Iets is verkeerd. Die waarheid sal nog uitkom. kry net die arme kind jammer.

net ekke ·

Nounet op sektor deurgekom als n liegstorie wou die dame 5 min of fame gehad het hoop hul berre haar in malhuis nes ons vermoed het

#NouHetEkAlsGehoor ·

Sjoe, die kapers was so bedagsaam, hulle het haar uit die kar gedwing, handsak (wat heel moontlik geld en ‘n selfoon ingehad het) en al – maar sonder die baba? Kan ‘n ma soooo dom wees? Ek bid hulle vind die kind!

Cecily ·

Verstaan nie hoe jy jou kind en jou eie lewe so in gevaar kan stel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.