Kapers skiet Jhb-man voor gesin dood

Tom Zeeman. Foto: Verskaf

Tom Zeeman. Foto: Verskaf

ʼn Johannesburgse man is dood nadat kapers hom Sondagaand, ten aanskoue van sy vrou en gestremde dogter, vyf keer met ʼn swaar kaliber vuurwapen geskiet het.

Johan de Waal het Maandag aan Maroela Media gesê sy swaer, Tom Zeeman (64), sy vrou, Meisie (63), en hul 35-jarige gestremde dogter het omstreeks 17:30 van ʼn funksie af tuis gekom. “Hulle het voor die hek stilgehou. Meisie het uitgeklim om die hek oop te maak en Tom het ingery,” het Johan gesê.

Voordat Meisie egter die hek kon toemaak, het drie gewapende mans haar oorrompel en grond toe gestamp. “Meisie het borskanker so sy is baie sieklik en swak,” het Johan gesê. “Die kapers het Tom uit die motor gedwing en die dogter ook uitgeruk en teen die grond neergegooi. Tom het dadelik vir hulle gesê hulle kan maar die motor vat, maar toe skiet hulle hom in elk geval.”

Volgens De Waal het die verdagtes Tom vyf keer in sy bolyf geskiet. Hulle het probeer om met Tom se wit Mercedes Benz weg te jaag, maar kon nie die motor in trurat kry nie. “Hulle het Meisie van die grond af opgeruk en met die vuurwapen teen haar kop haar gedwing om die motor in trurat te sit. Hulle is toe daar weg,” het hy gesê.

Meisie het die polisie en ambulans ontbied, wat binne minute op die toneel was. Tom is na die Life Benoni-hospitaal gehaas, waar ʼn noodoperasie op hom gedoen is. “Hy is egter direk na die operasie in die waakeenheid dood. Die skade aan sy organe was net te veel,” het De Waal gesê.

Zeeman se vrou en dogter het kneusplekke opgedoen, maar is nie ernstig beseer nie.

De Waal het gesê Zeeman het jare lank vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gewerk, voordat hy afgetree het. “Tom was ʼn bekende in die 4X4-wêreld en hy was vir baie jare betrokke by die Rust-De-Winter 4X4-byeenkomste. Sy familie, vriende en gemeenskap sal Tom altyd onthou as ʼn baie kreatiewe en talentvolle mens, wat altyd bereid was om sy medemens te help,” het hy gesê.

Kapt. Lesibana Molokomme, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van motorkaping en moord word ondersoek. Hy het gesê die motor is nog nie opgespoor nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Molokomme het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir ʼn wit Mercedes Benz CLC 200 met die nommerplaat DX 78 BN GP. Enigiemand wat die motor opmerk of meer inligting oor die voorval het, kan die Norkem Park-polisiestasie by 011 391 1814 of Crime Stop by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Sonet Geldenhuys ·

As hulle aanhou om ons blankes so te vermoor vir niks is SA rêrig een van die dae Malema sin!!!! Gaan ons SA nou net terug sit en kyk dat dit gebeur of wat dis kommerwekkend!!!!!

Anton ·

Dit is pure haat en dasrom is fast nie n toekoms in die land nie, net soos die Liberaale nie die verkiesings resultaat in America aanvaar nie so ook sal die ANC nie n ander party aanvaar nie

Coen ·

Dis heeltemal reg. Die uiteindelike agenda is om SA te dekolonialiseer, maw van alle blankes ontslae te raak dmv die omgekeerde diskriminasie, en onverklaarde oorlog teen boere en senior burgers. Daarom die uittrede uit die internasionale strafhof.
n Vriend van my is op senior vlak uit n staatsdepartment ontslaan 8 jaar gelede….geen aanklag, geen verhoor, terwyl hy daardie jaar n toekenning van uitmuntende diens van die provinsiale premier ontvang het. Geen regverdige verhoor deur die arbeidshof, sy appel na die hooggeregshof het nie geslaag nie, en die grondwethof het dit ook verwerp. Intussen voer die staat soortgelyke persone uit Kuba in agv n sg “skills” tekort.

Skokkend ·

Kan jy dit nou oorvertel? ‘n Man wat goed vir sy vrou (met kanker) en gestremde dogter sorg word wreedaardiglik en koelbloedig voor hulle vermoor. Onmiddellik is daar een inkomste minder om hierdie twee mense wat van behandeling afhanklik is se uitgawes te dek. Dis om nie eers van die verlies van ‘n vader en eggenoot te praat nie. Ek wonder darem regtig as die skoen aan die ander voet gesit het hoe sou die regering opgetree het? My innige simpatie aan die familie en naasbestaandes. Niks wat ek sê kan hierdie man terugbring wat altyd bereid was om sy medemens te help nie.

Anel ·

Die meerderheid vermoor die minderheid. Daar kraai nie haan van die regering se kant nie. Klomp aanvallers. ‘n Minderheid vermoor een van die meerderheid en daar is amper onluste. Een aanvaller. Gewoonlik ‘n misdadiger waarteen verdedig word.Iets is nie reg nie!!!

Rynhardt ·

Die wreedaardige moord op die nan wat voor sy vrou en dogter doodgeskiet is, wys dat wit mense moet uitgeroei word! Of dit op plase of stedeluke gebiede is, wittes word afgemaai! Afrikaners vergeet van rugby ens.Jy moet begin wakker word, die aanslag verskerp teen ons mense!! Daai vrou en kind sit met hartseer en verdriet, beslis nie n aangename Kersfees vir hulle nie!! Die ergste van alles is dat die wrede moorde op ons mense, mag nie die voorblaaie van Rapport (hul spog juis gister oor hul koerantverkope)haal nie, nog minder Die Burger of Die Beeld!! Mense, die aanslag verskerp daagliks teen die blankes in SA!

ora ·

‘n Mens het nie woorde meer om jou afsku te beskryf nie. Woorde van simpatie en empatie aan gesinslede wat sulke trauma moet verwerk klink hol en leeg. Hoeveel keer nog? Wanneer gaan daar drasties ingegryp word? Wat sê ‘n mens; wat doen ‘n mens?

LOUIS ·

Dit is nou die hoeveelste keer die laaste ruk waar daar geroof word maar ook KOELBLOEDIG gemoor word. Daar is ‘n aggenda agter hierdie moorde op blankes.
Haat spraak en haat word deur politisie aangeblaas en daar gebeur net mooi niks. So glo ek hierdie moorde is ploitiek gedrewe

Jannie ·

Oorlog, dit is wat dit is. In my area leef elk ook net vir hom self , die rykes se belange is net by hulle self die middelklas probeer aanvaar word by die rykes en die ander wel oorleef net net.Hoekom ek so se is nog nie eenkeer het n buur plaas se eienaar of bestuurders ons al kom groet of ingelig oor veiligheids maat reels in ons area nie, nee elke een moet maar self sorg en klaar kom.Ek wil graag beroep doen om iets tebegin, ek dink aan kommandoes testig per area. Gewapende kommandoes per area waar ons naweke diens doen sodat ons kan uitryk tot elke blanke persoon in die land. Weetnie wie sal belangstel in so iets nie. Maar ek is op vir al die moorde.

Irah ·

Baie sal belangstel – maar die oomblik wat ‘n blanke so iets wil doen sal jy so vinnig bestempel word as ‘n terrie dit sal jou kop laat spin.

Gabriel ·

Hi Jannie ek stem saam met jou maar sodra daar n gewapende groep van ons minderheid rond beweeg in die landelike areas dan word ons as n regse beweeging gestempel ek sal aanraai dat jy n forum stig en dan by jou plaaslike GPF (community policing forum) aansluit en hoor of julle dalk so iets gesamentlik kan stig

Hannie ·

Thomas sal gemis word, wat ‘n merkwaardige, “net 1 van sy soort” – mens met ontelbare getal vriende! Ons gaan jou geweldig mis, jy laat BAIE herrinneringe agter!

Aster ·

Flippie ek verstaan wat jy probeer sê maar hoe dink jy is dit moontlik vir die minderheid om weer die land oor te vat! Hulle is en sal die meerderheid bly en hulle sal ons blankes in die grond in dryf totdat daar niks van ons oorbly nie. Die regering kyk na hulle eie mense, nie na ons blankes nie, dus moet ons hier bly en met hierdie inhaglike omstandighede voort leef, of plan maak en emigreer.

dolphin ·

maar ai hulle moet die blankes man uit los en die mans beskerm vir die gesin wat op aarde word die mans minder en die vrouens en die kids agter?staan op doen iets maak die beter planne en die toekoms .die een moet val.die polisie wil niks help nie.bid dat God vir ons sal die volk in sa beskerm.

Elana ·

Dis ontsettend tragies wat gebeur het, wat n wonderlike mens en so goeie voorbeeld vir ander. My innige simpatie vir die Zeemans en De Waals, baie sterkte.

callie ·

Is dit haatspraak as jy sulke mense wat vrouens en ou mense net skiet name noem. Is dit verkeerd om hulle slegte dinge toe te wens. ASB Moenie ons kommentaar onnodig keer nie. As jy so lafhartig moor het jy geen regte nie

Ilse ·

Ek stem saam met Jannie, ons sal iets moet begin doen teen die geweld. Dit kan net nie meer so aangaan nie.

Nog 'n Zeeman ·

Wat ‘n tragedie en daar sit twee weerlose vroue op hul self aangewese, gestroop van enige ondersteuning van ‘n goeie pa, wederhelf om nie eers te praat van ‘n seun wat sy vader so tragies moes afstaan aan die dood. Hartverskeurend en so onnodig. Hy het mooi gevra neem die voertuig moet asb nie skiet en hul skiet hom dood soos net nog ‘n “dier” weerloos op die grond. Dink aan julle in hierdie donker uur en voel saam die pyn van verlies van ‘n geliefde R.I.P Tom

Shawn ·

Mens kan net wonder wat sal gebeur as blankes nou besluit om met gul gelisensieerde wapens die townships binnedring en mense ook net voor die voet begin doodskiet. Dis die hoeveelste berig wat ons lees, waar die mans smeek vir hul lewens, samewerking gee, en dan afgemaai word. My gebede gaan uit na hierdie gesin en alle ander wat geraak is deur hierdie sinnelose moorde!!

Rina Erasmus ·

Thomas, soos Meisie hom noem, maar vir die res van ons was hy net Tom. Hy was die grootste gentlemen op 2 bene, altyd tyd vir ‘n grappie, hy het altyd tyd gehad as iemand sy raad en hulp nodig gehad het. Hy en Meisie was meer as sielsgenote, hulle was een soos daar in die Bybel geskryf staan. Die wêreld is verseker armer vandag!!! Longtom ons gaan vir jou Baie Baie mis. Rus sag ou vriend!!!?

Oom Kalahari ·

Ai tog Tom om vandag te moes lees van jou heengaan in tragiese omstandighede is hartseer, maar sal nie ons tyd saam by SAL vergeet nie. Jy was ‘n opregte gesinsman, liefdevol en ‘n uitmuntende kollega wat net altyd die goeie in ander gesien het en was altyd spontaan en vol grappies. Jou lewe en aftrede is van jou en gesin beroof. “God slaap nie” Rus sag in vrede ou Grote, jy was nog altyd ‘n Gentleman.

Chris ·

Ons whities moet wakker word en na ons self begin kyk. As jy huistoe gaan bel jou mense wat jou area patroleer en se hulle moet asb in die straat wees. Sterkte vir sy familie en weet ons dink aan julle, mag daai skuim van die aarde kry wat hulle toekom, hulle het natuurlik na Malema geluister en nou is die jagseisoen oop op ons. Lafaards, julle dag sal kom!!!!!!!!!!!!!

PMB ·

Dit is hoeka wat Malema die mense voor opsteek. Doellose uitmoording van wit mens. Sterkte aan die gesin in julle tyd van nood.

Rena ·

Malema juis vanmiddag by die hof gesê, die “white males” sal op hul plek gesit word wanneer die EFF oorneem.

Joggie ·

Tragies!
Ons innige meegevoel aan die Zeeman’s.
Rus in vrede oom Tom

Zeemans uit Australie ·

Dis baie hartsverskeurend- ons sal n merkwaardige man met goeie sin vir humor en n oog vir kuns- met liefde vir sy naaste erg mis. Daar is n gat in ons harte

Theresa ·

Innige simpatie aan die familie en vriende. SO onnodig. Ons president en elke minister laat die regverdiges in die steek. Misdadigers behoort bitter bang te wees om te oortree. Hierdie blatante arrogansie is simboliek van die minagting vir die besluitnemers. Dis vreeslik hartseer dat ons so verniel word.

Denise ·

Dit is vir my duidelik dat in die meeste gevalle word die MAN dood geskiet dit is so asof die aanvallers n OPDRAG uitvoer ????? Ek raak nou erg bekommerd !!!! Without prejudice!!!!

Emily ·

Dit is ALLES Mal-ema en JZ, Hoekom word die doodstraf nie terug gebring nie. Nee hulle gatgabbas gaan mos dan boet. Deesdae se misdadigers word nooit gevang nie, daar is nooit genoeg bewyse nie. Nou mag ons nie haat nie.
Intussen stook hulle nes hulle wil. UITVAAGSELS

Poppie ·

Mense kan ons nie n petisie opstel wat almal kan teken teen Zuma en Malema nie. Hierdie is regtig een blanke man te veel wat nou vermoor is…..Ons kan almal die petisie teken, maar dit moet sommer wereldwyd geteken word?

Lies ·

Wonder wat die EFF woordvoerder hierop te se het? Hy het dan so gal gebraak oor die (wit) mans en die doodskis affere! Ek praat nie die affere goed nie, asb! Dis stupid, onnosel en lag (as dit werklik waarheid is) maar dit gaan my daaroor dat EFF opspring as dit een van hulle mense is. Waar ‘n blanke vermoor word, is hulle tjoepstil

Geskok ·

Ai Oom Tom.. Ek kan dit nie glo nie…. Baie sterkte Tannie Meisie…. Ons gaan jou mis Oom longtom!

Elmarie Joubert ·

RIP, Tom. Jy wat geen vlieg skade gedoen het nie. Een van jou kershouers staan langs Johan se foto.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.