Kapers skiet Jhb-man voor gesin dood

Tom Zeeman. Foto: Verskaf

Tom Zeeman. Foto: Verskaf

ʼn Johannesburgse man is dood nadat kapers hom Sondagaand, ten aanskoue van sy vrou en gestremde dogter, vyf keer met ʼn swaar kaliber vuurwapen geskiet het.

Johan de Waal het Maandag aan Maroela Media gesê sy swaer, Tom Zeeman (64), sy vrou, Meisie (63), en hul 35-jarige gestremde dogter het omstreeks 17:30 van ʼn funksie af tuis gekom. “Hulle het voor die hek stilgehou. Meisie het uitgeklim om die hek oop te maak en Tom het ingery,” het Johan gesê.

Voordat Meisie egter die hek kon toemaak, het drie gewapende mans haar oorrompel en grond toe gestamp. “Meisie het borskanker so sy is baie sieklik en swak,” het Johan gesê. “Die kapers het Tom uit die motor gedwing en die dogter ook uitgeruk en teen die grond neergegooi. Tom het dadelik vir hulle gesê hulle kan maar die motor vat, maar toe skiet hulle hom in elk geval.”

Volgens De Waal het die verdagtes Tom vyf keer in sy bolyf geskiet. Hulle het probeer om met Tom se wit Mercedes Benz weg te jaag, maar kon nie die motor in trurat kry nie. “Hulle het Meisie van die grond af opgeruk en met die vuurwapen teen haar kop haar gedwing om die motor in trurat te sit. Hulle is toe daar weg,” het hy gesê.

Meisie het die polisie en ambulans ontbied, wat binne minute op die toneel was. Tom is na die Life Benoni-hospitaal gehaas, waar ʼn noodoperasie op hom gedoen is. “Hy is egter direk na die operasie in die waakeenheid dood. Die skade aan sy organe was net te veel,” het De Waal gesê.

Zeeman se vrou en dogter het kneusplekke opgedoen, maar is nie ernstig beseer nie.

De Waal het gesê Zeeman het jare lank vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gewerk, voordat hy afgetree het. “Tom was ʼn bekende in die 4X4-wêreld en hy was vir baie jare betrokke by die Rust-De-Winter 4X4-byeenkomste. Sy familie, vriende en gemeenskap sal Tom altyd onthou as ʼn baie kreatiewe en talentvolle mens, wat altyd bereid was om sy medemens te help,” het hy gesê.

Kapt. Lesibana Molokomme, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van motorkaping en moord word ondersoek. Hy het gesê die motor is nog nie opgespoor nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Molokomme het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir ʼn wit Mercedes Benz CLC 200 met die nommerplaat DX 78 BN GP. Enigiemand wat die motor opmerk of meer inligting oor die voorval het, kan die Norkem Park-polisiestasie by 011 391 1814 of Crime Stop by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sonet Geldenhuys

As hulle aanhou om ons blankes so te vermoor vir niks is SA rêrig een van die dae Malema sin!!!! Gaan ons SA nou net terug sit en kyk dat dit gebeur of wat dis kommerwekkend!!!!!

Anton

Dit is pure haat en dasrom is fast nie n toekoms in die land nie, net soos die Liberaale nie die verkiesings resultaat in America aanvaar nie so ook sal die ANC nie n ander party aanvaar nie

Skokkend

Kan jy dit nou oorvertel? ‘n Man wat goed vir sy vrou (met kanker) en gestremde dogter sorg word wreedaardiglik en koelbloedig voor hulle vermoor. Onmiddellik is daar een inkomste minder om hierdie twee mense wat van behandeling afhanklik is se uitgawes te dek. Dis om nie eers van die verlies van ‘n vader en eggenoot te praat nie. Ek wonder darem regtig as die skoen aan die ander voet gesit het hoe sou die regering opgetree het? My innige simpatie aan die familie en naasbestaandes. Niks wat ek sê kan hierdie man terugbring wat altyd bereid was om sy… Lees meer »

Anel

Die meerderheid vermoor die minderheid. Daar kraai nie haan van die regering se kant nie. Klomp aanvallers. ‘n Minderheid vermoor een van die meerderheid en daar is amper onluste. Een aanvaller. Gewoonlik ‘n misdadiger waarteen verdedig word.Iets is nie reg nie!!!

Rynhardt

Die wreedaardige moord op die nan wat voor sy vrou en dogter doodgeskiet is, wys dat wit mense moet uitgeroei word! Of dit op plase of stedeluke gebiede is, wittes word afgemaai! Afrikaners vergeet van rugby ens.Jy moet begin wakker word, die aanslag verskerp teen ons mense!! Daai vrou en kind sit met hartseer en verdriet, beslis nie n aangename Kersfees vir hulle nie!! Die ergste van alles is dat die wrede moorde op ons mense, mag nie die voorblaaie van Rapport (hul spog juis gister oor hul koerantverkope)haal nie, nog minder Die Burger of Die Beeld!! Mense, die aanslag… Lees meer »