Kapers skiet ma van Jhb in oprit dood

Odette Barkhuizen. Foto: Facebook

Odette Barkhuizen. Foto: Facebook

ʼn Vrou van Johannesburg is Donderdag dood toe sy tydens ʼn kaping in die kop en bors geskiet is.

Odette Barkhuizen (43) is omstreeks 13:30 die middag in die oprit na haar kantoor deur kapers doodgeskiet voordat hulle met haar voertuig gevlug het. Joel Fernandes, ʼn familielid van Barkhuizen, het gesê sy het in die oprit van ʼn huis in Oakdene, Glenvista, wat haar maatskappy as ʼn kantoor gebruik, stilgehou en uit haar motor geklim.

“Volgens die beeldmateriaal van veiligheidskameras was die mans [kapers] reeds op die erf,” het Fernandes gesê. “Hulle het haar in die kop en bors geskiet en met haar motor gevlug. Die motor is omtrent ʼn uur later verlate naby Erongolaan gevind.”

Volgens Fernandes was daar twee persone in die huis wat die skote gehoor het. Dit is nie in hierdie stadium duidelik of enige van Barkhuizen se persoonlike besittings gesteel is nie.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het bevestig dat paramedici na die toneel geroep is, maar volgens haar was Barkhuizen reeds dood toe hulle arriveer. “Sy is op die toneel dood verklaar en daar was niks verder wat die paramedici vir haar kon doen nie,” het sy gesê.

Barkhuizen was die eienaar van ʼn maatskappy wat glas herstel en vervang. Sy was getroud en die ma van twee tienerseuns, ongeveer 15 en 19 jaar oud, het Fernandes gesê.

“Dit gaan glad nie goed met haar man en kinders nie. Hulle het berading ontvang, maar hulle hanteer haar dood nie goed nie. Haar begrafnis sal êrens in volgende week plaasvind, maar dit is vir die familie moeilik om nou begrafnisreëlings te tref en terselfdertyd hierdie skok te verwerk.”

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Daleen Saayman ·

As ma van twee seuns haar kinders se ouderdom kan ek myself net indink hoe haar kinders moet voel. Ek kry hulle bitter jammer.

lisa ·

Wat word van ons land.jy is nerens meer veilig nie.sterkte aan die man en kinders dis tragies.hou hulle in my gebede.

Irah ·

Dis nie ń kaping. Dis koelbloedige moord. Kaping is net ń vals front want hoekom los jy die kar ń uur later. Siek goed.

CHRISTA ·

Irah, dis ook my pot se deksel: VERMOOR iemand vir ‘n kar net om dit ‘n uur later êrens te laat!! Dis net sadiste wat so iets doen!!!

Berhalet Beukes ·

Ek voel so jammer vir haar familie, kinders en vriende. Nog ‘n sinnelose moord. Nog ‘n familie wat getraumatiseerd is.

Dave ·

Dit wat Irah sê was ook my onmiddelike idee toe ek dit lees. Dit was geen kaping maar vooraf beplande moord met die steel van die voertuig as dekmantel.

alex ·

Dit sal stop met dieselfde optrede aan daardie tipe mense wat hierdie laakbare optrede doen.

Karla ·

Hoekom haar doodskiet, vlug met motor en los hom verderaan en vlug? Klomp gemors goed!

Willem ·

Dis vreemd dat hulle altyd iemand moet vermoor en dan die voertuig iewers los

Alice ·

Iets is nie reg nie lyk my daar is nie n kaping nie,die polisie moet bietjie dieper grou

Jacques ·

Dis die rede dat ons in England bly, ons voel glad nie veilig in a lieflike land nie.Hoop en bid die Here sal die familie troos en sy hande oor hulle hoofde hou.

Jaco Strauss ·

Die regering is ongelukkig beslis “wakker” Winston. Die probleem is net dat hulle die tipe ding ondersteun. Het jy al gehoor van “shoot the Boer” en Zuma se gunsteling “bring me my machine gun”…

Paul ·

Jaco,
Jy is reg, die Slagter van Quattro se troepe voer maar net hul bevelvoerder se opdragte getrou uit.

Elize ·

Ai dis so sinneloos. Sy en enige een wat so iets mee gebeur verdien dit nie. Sterkte aan haar man en kinders en familie. P

Elize ·

Ai dis so sinneloos. Sy en enige een wat so iets mee gebeur verdien dit nie. Sterkte aan haar man en kinders en familie.

Dirk Renier Swart ·

Hoekom is julle “verbaas”? Talle moorde in SA word gepleeg, sonder diefstal. In 53% van plaasmoorde, is daar slegs barbaarse en demoniese marteling. Maar gaan voort in julle ontkenning van volksmoord en stem vir die DA- om julle gewete te sus

Danel Casey ·

Baie goed gestel. Gaan my verstand ook te bowe dat mense aan hou om vir die DA te stem. Wan gaan hul leer? Wanneer gaan hul oe oop gaan?

Kaspaas Breekwater ·

Myne ook delete – as jy nie die regering prys nie, dan doen hulle dit.

Dora du Plessis ·

Ek het so pas die bepalings en voorwaardes gelees en stem saam met Maroela Media se waardes. Dit is nie nodig om kras, kru en liederlike taal te gebruik om ‘n standpunt te maak nie. Ons behoort eerder trots te wees om Afrikaners te wees, en nie in sulke omstandighede waar ‘n jong lewe onnodig verwoes is, ons gebrek aan karakter te wys nie.

Anne-Marie ·

Dan kry jy mense wat vandag op die groep van miljoen stemme vir steve se plaasmoorde ens moet gebeur….hoe kan iemand so iets se!! Duidelik is hy nog nie deu hierdie tipe trauma nie.!! Sterkte aan haar man en kinders dit is baie erg!!!

Bertie Vollgraaff ·

Dit is VOLKSMOORD . Punt.
Selfde cliches stories in berigte
Altyd polisie wat nie komemtaar lewer nie.
Altyd motor later gevind.

Daar is meer agter die optredes as wat mense ons wil laat glo. Die ANC by name is self besig met elimineering onder hulle eie mense vir politieke doeleiendes. Daar is nie meer een man eat leiding neem nie en Zuma het lankal beheer verloor en met sy eie ” army of men” wat hom moet beskerming .

Ons is n land soos n bus soner drywer huidig.

Jammmer van nog n sinlose moord op so n pragtige ma met kinders en man

Ons moet in Opstand kom
Ons moet rebelleer.
Tyd van sit en praat is verby.

Eugene ·

Maroela ek verstaan nie julle beleid nie. Ons mag geen uitspraak maak oor rassisme nie, geen haatspraak. Ons blankes word elke dag vermoor en julle as n Afrikaanse Media blad se ons mag nie haat vir wat in die land gebeur nie. Jammer, ons mag haat wat gebeur ons mag dit net nie uitdruk nie. Ons het juis die Afrikaanse media nodig, n media wat nie bang is om hul mening en feite te lig nie. Dit is tyd dat ons opstaan en ons plek met eer volstaan. Genoeg is genoeg. My innige simpatie aan die familie van die slagoffer, ons sal ons land weer terug vat en in vrede kan leef.

Gawie ·

Daar is kameras. Volgens die beeld materiaal, wat is die kleur van die moordenaars? Maklik, daar is die oorsaak van die probleem. Totdat daardie groep nie met die nodige geweld gestraf word nie sal dinge nie beter raak nie.

Ansia de Voort ·

Mense vergeet bitter vinnig dat anderskleuriges ook wreed vermoor word in Suid Afrika. Charlotte Ramohai was nié wit nie. Sy was ‘n ma van twee, drie maande swanger en haar kar was ook later verlate gevind. Reneilwe Seloadi was nie wit nie.Sy was negentien jaar oud. Kayde Williams was vyf jaar oud. Shahiel Sewpujun was vyf jaar oud.

Dis nié volksmoord nie. Dis haat en verdeeldheid wat gesaai word deur altyd lig te werp op voorvalle waar die slagoffers wit is. Praat van sensasie!!

Het Afrikaanse media voorblaaie publiseer toe Gail Bezuidenhout se man vroeër hul twee kinders in die kop geskiet het in Pretoria? Nee. Net nog twee bruines… net nog twee swartes … Naamloos. Gesigloos. Niémand skreeu volksmoord hier nie. Niémand ken hul name nie. Die koerante swyg, want dis seker nie die soort hoofopskrif wat koerante verkoop of forums aan die brand laat praat nie. Dis mos nie volksmoord nie.

boervrou ·

Ansia ..is jou ouma al met n strykyster gebrand deur VYF gewapende moordenaars? Het n barbaar al n swaard in jou oupa se keel afgedruk en so sy hele verhemelte oopgekloof??? Is daar al petrol in jou ma se keel afgegooi met n branende vuurhoutjie net daarna??? Hierdie is dinge wat elke dag met ons boere gebeur. Dis volksmoord my liewe stomme mens…ek bid dat die skille van jou oe sal afval en jy die realireit van dit wat werklik in die land aangaan sal besef!!!!!!!

Chris du Plessis ·

A i Ai Ai……….as jy wakker word is jou koffie yskoud !!!!!

Carl ·

Hierdie is ‘n walglike moord soos baie ander daagliks in SA. Die rede hoekom die motor gelos word is omdat hulle nie die opsporings stelsel kan vind nie. Diewe sal rondry en by plekke stop bv ondergrondse parkering om die stelsel op te spoor. Indien hulle nie slaag nie, sal hulle die voertuig los. Indien die Opsporings mpy dit na ‘n tyd nie kom opeis nie sal hulle dit weer neem na waar hulle dit gebruik vir watter doel ookal.

Knersus, hoekom vat jy Sune aan (onder ‘n skuilnaam). Is dit hoe jy jou vrou ook behandel, lekker sterk Afrikaanse man wat vrouens op hulle plek sit? Indien jy ‘n probleem het met die B&V van Maroela vat hulle aan.

Johannes ·

Carl, ek stem saam met jou. Dit gaan definitief oor die opsporingstelsel wat hulle nie kon kry nie. En wat jy se oor Knersus is waar. Ek is bly hy is nie met my dogter getroud nie. Verder kan ek ook net byvoeg, die kapers is ‘n klomp barbare, en ongelukkig is daar duisende van hulle in die land. Misdaad het ongelukkig totaal handuit geruk en ek glo dit sal nog baie erger raak, veral omdat die regering nie die vermoee het om dit aan te spreek nie.

ELSABE ·

Dit is weer ‘n blanke wat vermoor is. die skuldige sal nooit vasgetrek word nie. My man is Januarie aangeval met ‘n mes gesteek en van al sy besittings ontneem tot sy bakkie tot vandag was daar nie ‘n polisieman by hom nie. NOU MAG ONS NIE HAAT NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.