Kapers skiet man in kop

Paramedici het Donderdagoggend die man stabiliseer (Foto: Verskaf)

ʼn 50-jarige man veg vir sy lewe in die hospitaal nadat hy Donderdagoggend tydens ʼn kapingsvoorval in die Isipingo-omgewing in die suide van Durban in die kop geskiet is.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, is paramedici omstreeks 07:00 na die toneel ontbied. Daar het hulle die man met ʼn skietwond aan die kop aangetref. Hy was in ʼn kritieke toestand.

“Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer voor hulle hom op ʼn meganiese ventilator vir suurstof geplaas het,” sê Van Reenen.

“Hy is daarna per helikopter na ʼn gespesialiseerde fasiliteit vervoer vir verdere mediese versorging.”

Die polisie ondersoek die voorval, maar het nog nie op Maroela Media se navraag gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marius ·

Vergeet hierdie mense regte twak . Onthoof in die openbaar en die gemors sal ophou . Punt .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.