Kapers skiet polisieman dood; wond drie ander

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Voormalige polisieman, twee polisiebeamptes en ʼn vrou is Dinsdag in afsonderlike voorvalle deur dieselfde mans geskiet, nadat die verdagtes vroeër die aand op die vlug geslaan het met die voormalige polisieman se voertuig. Een van die beamptes het aan sy wonde beswyk.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het twee mans omstreeks 20:00 ʼn voormalige polisieman voor sy huis in Thaba Nchu in die Vrystaat gekaap en hom in sy hand geskiet.

Die verdagtes het met die slagoffer se wit Toyota Hilux-bakkie van die toneel gevlug en kort daarna met ʼn pap wiel in Wepener gaan staan. ʼn Polisiebeampte, wat saam met ʼn vrou verby die toneel gery het, het die gesteelde voertuig herken en die naaste polisiestasie gebel om die registrasienommer te bevestig.

“Terwyl die beampte in sy voertuig gewag het op terugvoer van die stasie, het die twee verdagtes hom genader vir hulp. Toe hulle egter besef dat die beampte onraad vermoed, het hulle hom deur sy motorvenster, wat effens oop was, geskiet,” het Makhele gesê.

Die beampte is aan die regterkant van sy kop geskiet en die koeël het aan die linkerkant uitgegaan en ʼn vrou (33) langs hom in die maag getref. Die 53-jarige polisiebeampte het aan sy skietwond beswyk.

Kort ná die voorval het ʼn sersant in sy private motor ook verby die toneel gery en gestop. Die verdagtes het hom genader vir ʼn wielsleutel en gesien dat hy ʼn polisie-uniform dra. Die verdagtes het skote afgevuur en die beampte is in die skouer getref.

“Die beampte het vinnig gereageer en teruggeskiet terwyl hy vir skuiling gesoek het. Hy het polisie van die naaste polisiestasie na die toneel ontbied.”

Die verdagtes het in die rigting van Lesotho op die vlug geslaan. Die bakkie is later verlate langs die kant van die pad in Wepener gevind.

Nooddienste het die polisieman op die toneel dood verklaar, terwyl die vrou en sersant na ʼn hospitaal in Bloemfontein geneem is.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die saak sal voortaan deur die Valke in Bloemfontein ondersoek word,” het Makhele gesê.

“Al die nodige eenhede gaan saamwerk om die verdagtes op te spoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Aai ·

Glad nie bang vir polisie hulle het ons goed opgeleide wapen eienaars nodig om te help.Misdaad vat oor.

Persheks Adri ·

Kom cowboy wat sê jy? Kry jou prioriteite reg en kry die klomp van die strate af met hulle onwettige wapens! Die kriminele is nie eers bang vir julle nie verstaan jy dit?

Cabytheron ·

Genugtig, dit is soos ‘n toneel uit ‘n riller! Hoe hartseer is dit nie om te dink dit gebeur hier by ons, te midde van al die hartseer random covid nie! Here, wees ons genadig!

Harley Davidson ·

Ek is nie ‘n polisie kenner nie maar hierdie klink baie onprofessioneel, die kar was gekaap deur gewapende kriminele die twee slagoffers het hulle toegelaat om in arm lengte afstand van hulle te kom.Ek wonder net is daar nie prosedure wat gevolg word nie ?

Sarel ·

Die Polisie sal dringend moet kyk na heropleiding om die aznslag opdie Polisie te kan hanteer.
Hooekomis Malemma nie vetvolg oor sy dreigemdnt teen die Polisie nie.
Die Polisie moet ook deel met arrogante gemednskap en mefia.
Kyk maar net verskil in reaksie tussdn die moord op ‘n lid vzn die Polisie en wanneer die Polisie iema nd skiet.

Blomme ·

Word die tipe misdaad nou ń alledaagse storie? Geen einde in sig en ANC regering swyg steeds. Kan hulle nog rustig slaap met die onbeheersde geweldadigheid om ons? Lyk nie of hul werk aan ń plan om ons land reg te ruk nie.

Nico ·

Die minister van polisie moet eerder kyk hoe mense vermoor word deur vuurwapens, met alle respek gesê, ek glo nie dat Bheli Cele al die onwettige vuurwapen uit die samelewing kan haal of verminder nie.

DIABLO ·

Daai kriminele is lankal terug in Lesotho, toegedraai in kombersies

Anoniem ·

Skud ‘n slag al die “Woonbuurtes” en lê beslag op die onwettige vuurwapens. Tweedens maak die Lesotho grens toe en stuur al hul landsburgers terug dan sal misdaad ook sekerlik afneem.

Jack ·

Ek het net een raad vir almal wit en swart. As n persoon jou nader vir hulp. Hou verby en bel die sapd. Dit is hulle risiko nie ons sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.