Kapers stamp man glo by ravyn af

Foto: ER24

ʼn 27-jarige man is Woensdagoggend uit die Kloof-ravyn in Kloof, KwaZulu-Natal gered toe hy ná ʼn kaping by die ravyn afgestamp is.

“Paramedici van ER24, die polisie se soek- en reddingsdiens, RescueTech, EMRS, Blue Security en Gillets-brandweer het op die oproep reageer en het omstreeks 03:45 by die toneel opgedaag,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

“Hulle het die man in die ravyn aangetref. Paramedici van ER24 en EMRS het in die ravyn afgeklim om by die man uit te kom,” het Meiring verduidelik. “Hulle het hom ondersoek en bevind hy is in ʼn ernstige toestand.”

Reddingstegnici het dadelik toue en toerusting ingespan terwyl paramedici hom behandel het. “Hy is daarna na die bokant van die ravyn gebring met gespesialiseerde toerusting. Hy is na RK Khan Provinsiale Hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die man het later aan paramedici gesê hy is gekaap en die aanvallers het hom by die ravyn afgestamp.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.