Kapers swaar gestraf

Argieffoto

Argieffoto

Twee kapers is gesamentlik tot 146 jaar tronkstraf gevonnis.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê Edward Khoza en Jack Langa, albei 29 jaar oud, is in die Tembisa-streekhof gevonnis. Khoza en Langa, albei van Mosambiek, is aan kaping en poging tot moord skuldig bevind.

Naidoo het gesê Khoza is tot 96 jaar en Langa tot 50 jaar tronkstraf gevonnis. Khoza en Langa het tussen 2011 en 2012 ʼn skrikbewind in Tembisa en die omliggende omgewing gevoer. Hulle is einde 2012 saam met nog ʼn verdagte in hegtenis geneem. Die derde verdagte het uit aanhouding ontsnap en selfmoord gepleeg.

Khoza en Langa is met afdoende bewyse aan ses kapingsvoorvalle verbind. Tydens twee van die kapings is twee mense geskiet en gewond. Een van die slagoffers se been is geamputeer weens die skietery.

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het die vonnisse verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

André ·

Ek wonder hoe groot is die aandeel van buitelanders in ons misdaadprobleem.

humor ·

Die doodstraf sou meer sinvol gewees het. Daar bly dan nou in elkgeval geen jare oor om verder te leef nie en boonop sou dit selfs ons nageslag heelwat belastinggeld gespaar het.

Asjas ·

Een het uit aanhouding ontsnap en selfmoord gepleeg. Tot die kriminele wil die doodstraf terug he??

Gert ·

HANG HULLE nou moet die belasting betaler hulle vet maak in die tronk .

fourie ·

Stem Hierdie gemors wat moor en Geen gevoel het vir ander se lewens verdien nie om te leef. Hang die Vuilgoed!!

Bruno Stef ·

n Voormalige Mozambiekse Portugees het my vertel dat voor hulle onafhanklik geword het in 1974 die hande afgekap is as hulle sou steel . Vir moord is hulle geboei en in n groot streepsak met n groot klip in die see gegooi was.Die ou was in die Portugese weermag en het in 1994 met onafhanklik na SA ge-immigreer.

CHRISTA ·

Dit klink na swaar vonnisse, maar ek kan julle waarborg dat die vonnisse gelyklopend uitgedien gaan word, wat dit maar maksimum 25 jaar maak en dank dien hulle weer net ‘n sesde van hulle vonnis uit waarna hulle aansoek kan doen om op parool vrygelaat te word (soos Pistorius)!!!

Dave ·

Presiès Christa! ‘Lees die fynskrif!’ en dit is waar gelees sal word van 15jr vir dit en 10 jaar vir dat plus x hoeveelheid jare vir dit en dan nog ‘n dat en ‘n dat en ‘n dat ens wat gesamentlik uitgedien sal word minus parool. Ek wens dit was nie nodig om so pessimisties te wees maar ons ken die land en ons weet basies hoe tegemoetkomend die gebrekkige regstelsel opereer.
Vir ‘n oomblik voor ek hierdie stuur het ek gewonder of ons onnodig negatief praat maar toe besef ek dat ons realisties is want ons sien hoe die stelsel werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.