‘Kapers’ vas na hoëspoed-jaagtog

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in die Wes-Kaap het twee vermeende kapers in hegtenis geneem na ʼn hoëspoed-jaagtog in Bellville.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het Maandag ʼn voertuig gewaar met dieselfde beskrywing as ʼn voertuig wat vroeër die maand in Kleinvlei gekaap is. Polisiebeamptes het die Chevrolet LDV dopgehou waar dit naby ʼn sakeperseel parkeer was.

Volgens Traut het die polisiebeamptes ook ʼn verdagte motor opgemerk wat die gebied gepatrolleer het. “Daar word vermoed die persone in die onderskeie verdagte motors het bewus geword van die polisiebeamptes se teenwoordigheid voordat hulle weggejaag en die polisie hulle agternagesit het,” het Traut gesê.

“Die Chevrolet LDV was in ʼn botsing betrokke op die hoek van Tienie Meyer- en Robert Sobukweweg en twee mans, in hulle 20’s, is in hegtenis geneem. ʼn Ongelisensieerde vuurwapen is in hulle besit gevind. Die ander motor het ook stilgehou maar die insittendes is nie in hegtenis geneem nie, aangesien hulle nie aan ʼn misdaad verbind kon word nie,” het Traut gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Hoekom het ander motor weg gejaag? Dit is mos maklik om vinger afdrukke van hulle te neem
en te kyk of dit nie verbind kan word aan enige misdaad nie. Of is dit te veel werk en die trunk
te vol. Delers net so goed soos die stelers.

Drieks ·

Anc spog die tronke is vol omdat polisie hul werk doen. Hul kiesers weet nie, daar eintlik te min tronke nie. Anc somme?????

Leeutjie ·

Ek hoop hulle het ‘n hele rukkie op die warm plaveisel in die son gele en bak! Wie weet hoeveel lewens hierdie knape nie al geneem het nie!

monique ·

Wonder net wie gaan die ongelisensieerde vuurwapen volgende gebruik????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.