Twee mans is beseer en in hegtenis geneem ná ’n hoëspoed-jaagtog met die polisie in KwaZulu-Natal.
Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans het glo ’n voertuig in Umbilo gekaap en van die toneel gevlug. “Die polisie het ’n wenk ontvang en die motor is gewaar waar dit in die rigting van Malvern gereis het,” het Zwane gesê.
’n Jaagtog het tussen die polisie en vermeende aanvallers begin en die aanvallers het die gekaapte voertuig laat rol in hul poging om weg te kom.
“Hulle is beseer tydens die ongeluk en gevolglik ook in hegtenis geneem,” het Zwane gesê.
’n Ongelisensieerde vuurwapen en patrone is in hul besit gevind.
Klagtes van kaping en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen is aanhangig gemaak.
Die twee is tans onder polisiebewaking in die hospitaal en sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn.
Mooi so polisie! Flink werk.
Klink nie vir my of die jaagtog ‘n “mislukking” was nie ;-)
Goeie werk polisie!
Was net ‘n halwe mislukking… die skelms se helfte. Die ander deel was ‘n sukses.
Goeie werk SAPD, dag vir dag kom daar meer sukses.
So tussen al die moord en doodslag is daar so bietjie positiewe nuus ook. wel gedaan saps.