‘Kapers’ vas wat glo koeriervoertuie teiken

(Argieffoto: Hansie Linde)

ʼn Groep vermeende gewapende rowers wat glo onder meer koeriervoertuie teiken, is agter tralies.

Die polisie het Maandag inligting ontvang dat ʼn Volkswagen Polo en ʼn Nissan Almera wat glo tydens die kapings in Gauteng gebruik word, op die N3 opgemerk is.

Verskeie polisie-eenhede en private veiligheidsmaatskappye is gemobiliseer en is na die hoofweg waar die verdagtes glo reeds ʼn Toyota Quantum in die Germiston-omgewing op die N3 gekaap het.

“Die gekaapte voertuig, vergesel van twee voertuie, is op die N3 in Alberton naby die Heidelberg-afrit gesien,” sê A.O. Bonnie Nxumalo, polisiewoordvoerder.

“Al die voertuie is voorgekeer en die bestuurder en passasier in die minibus, wat glo gyselaar gehou is, is bevry.”

Altesame sewe verdagtes tussen 28 en 50 jaar oud is aangekeer. Die Polo wat gebruik is, word verbind met ʼn rooftog waar ʼn koeriervoertuig in Oktober in Mondeor beroof is.

Die verdagtes word aangekla van motorkaping, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en ontvoering en verskyn binnekort in die Palm Ridge-landdroshof.

Die ondersoek sal ook bepaal of hulle met enige ander rooftogte verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SjN ·

Misdadigers tussen hakkies, ekonomiese rowers, grens aan terrorisme.

Marius ·

Misdaad is deesdae ‘n erkende beroep. Verkeerd is reg en reg is verkeerd. As al die misdadigers tronk toe gaan sal ons strate verlate wees en sal ons reeds, oorvol en onvoldoende tronke oorstroom word..

Frank ·

Bou nog tronke in die middel van die Karoo. Gebruik tente, logies gesproke geen lugversorger. En gee hom lyfstraf as hy inkom en weer wanneer hy uitgaan.

Kokerboom ·

Marius die boewe moet verpligte arbeid op projekte verrig sonder vergoeding. Dan sal moontlik iets in land gebeur. Die probleem is egter die verdomde MRK wat selfs boewe ophemel. Belastingbetaler moet net weier om te betaal vir die goed wat hul lewe terroriseer.

Pablo ·

Die vuurwapens is seker wettig, net onwettig vir wittes. Jy mag jou nie langer met n wapen verdedig nie.

SlinkseKoljander ·

Geen wapens? Lekker ete in die tronk en more is hulle weer uit op straat om verder werk te doen vir die ANC

Grassie ·

Baie geluk aan die polisiemanne wat hierdie vangs gemaak het. Ek is dankbaar om te sien dat daar nog mense soos hulle in die polisie is.

Di ·

Al probleem is dat hulle more weer terug op straat is! Ons veg ‘n hopeloses geveg teen kriminele in die land. Van die korrupte SAPD lede, Howe en ANC Regering moet verantwoordelikheid vat hiervoor. Dink hierdie kriminele lag vir ons gereg stelsel, daarom ruk kriminele aktiwiteite handuit

Shakespeare ·

As die eindtyd van ons New Sout Êfrica afgehang het sou dit al gebeur het want alles wat goed en reg is, is verkeerd en alles wat verkeerd is, is reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.