‘Kapers’ vasgetrek wat hulle glo as metropolisie voordoen

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense is Donderdag in Orkney in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle hulself as metropolisiebeamptes voorgedoen het en ʼn vragmotor wou kaap.

“Die groep, tussen 25 en 35 jaar oud, is Donderdag omstreeks 17:00 in hegtenis geneem,” het hoofsupt Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

ʼn Sersant van die JMPD in Soweto het Sondag ʼn privaatoproep op sy selfoon ontvang van iemand wat gesê het hy benodig die beampte se hulp om ʼn vragmotor te kaap. Die man het gesê ʼn ander beampte van die JMPD het die sersant se selfoonnommer aan hom verskaf. “Die sersant het dadelik die saak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die JMPD aangemeld,” het Minnaar gesê.

Die sersant is aangesê om voor te gee dat hy saam met die misdadigers sou werk sodat die verdagte in hegtenis geneem kon word. “Die verdagte het die sersant Donderdag weer geskakel om ʼn vragmotor in Orkney voor te keer. Lede van die Valke was in verskillende motors en het ses verdagtes in hegtenis neem,” het Minnaar bygevoeg.

Die verdagtes het Ekurhuleni-metropolisieuniforms in hulle besit gehad.

Die beampte wat die sersant se selfoonnommer aan die verdagte verskaf het, is vermoedelik Donderdagaand in hegtenis geneem.

Die groep word aangekla van sameswering om ʼn misdaad te pleeg, poging om ʼn vragmotor te kaap en die besit van ʼn toestel wat die opsporingstoestel in die vragmotor versteur. Die groep sal ook aangekla word dat hulle hulself as metropolisiebeamptes voorgedoen het. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willa ·

Sersant, ek salueer jou! Jy sal jou betroubaarheid nooit berou!!!

Johann Roux ·

Hierdie berig is om uitgedruk en geraam te word, gehalte. Sersant, ons as wetgehoorsame burgers is baie trots op u.
As hierdie land net meer van sy kaliber gehad het, was dit ‘n baie beter land.

U is in ons gebede dat u sal volhou met u eerlikheid, pligsgetrouheid en u afsku vir korrupsie en misdaad.

U is ‘n voorbeeld vir menigte.

Mag u ryklik geseën word.

anita ·

Ek vra myself af ? waar kry hulle die uniforms vandaan?

Die Regeringsdienste is orals korrup, niemand is te vertrou nie. Selfs die aanstelling van die President se dogter was nie bevraagteken nie…….hoeveel kandidate was daar vir pos? hoe was hulle gevalueer? hoeveel jare ondervinding?

Niemand………….Niemand………..staan op en teken beswaar aan, die insidente word vermeld en dan verdwyn dit net weer.

Die hoof van die SAUK skandaal ! en dat die Afrikaanse taal deur hierdie man uitgewis gaan word deur sy program, persone is nou verplig om na Engels Nuus te kyk, ander programme bestaan nie meer nie.

Ek sien geen Afrikaans sprekende dit opstaan en sê GENOEG IS GENOEG
maar ons huil oor persone die karre kaap……………..groepeer . staan saam, en sing ook ‘n teenstand krygslied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.