Kapers vermoor vrou vroegoggend by oorgang

‘n Skermgreep van die video wat wys hoe die vrou gekaap word. (Video: Twitter)

Beeldmateriaal van ʼn vrou wat vroegoggend by ʼn oorgang in Johannesburg deur kapers doodgeskiet en dan bloot in die pad agtergelaat word, is met afgryse bejeën.

Die vrou hou omstreeks 05:30 Vrydag stil by die oorgang in Bramley, waarna vier aanvallers haar motor omsingel. ʼn Ander motoris nader die oorgang stadig en versnel dan – moontlik omdat dié persoon besef wat aan die gang is.

Die vrou se motor beweeg stadig tot in die oorgang, een van die kapers stap weg, keer terug na die motor en spring dan saam met sy drie makkers in die voertuig, waarna hulle wegjaag.

Die slagoffer se liggaam bly in die oorgang agter.

Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord en kaping word ondersoek. Volgens die polisie is die vrou vermoedelik 45 jaar oud.

Hy het gesê alle moontlike leidrade, ook die beeldmateriaal, sal opgevolg word om die kapers te probeer opspoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Patch ·

Helder oordag!!!!!!!!!!!!!!!!! Hulle is bang vir niks en niemand. Woorde kan nie my woede beskryf nie.

Lolla ·

05:30 is ook nie helder oor dag nie. Dit baie vroeg in die oggend. Mense moet leer om hulle voertuie se deur te sluit. Ek hoop hulle word spoedig gevang.

Martha Rowe ·

Dit is afgryslik. Monsters geen respek vir ‘n ander nie. Dit is afgryslik.

Pieta Mare ·

Wat ‘n stukkende ….stukkende wereld wat al meer mense in eensaamheid laat verval deur hulle voordurend agter slot en grendel toesluit

Melanie ·

In die land het misdaad die hoogte in geskiet en daar is geen beheer oor hulle.Mense se lewe is niks werd meer.

Anoniem# ·

In dis waarom ek vroeg ogg/na sononder 90% robotte as stop n go behartig. Sluit my toe as jy moet MAAR EK WEIER OM ALLEEN da te staan en moet nooit elke ogg presies klokslag diesele tyd jou huis verlaat nie

potlood ·

Hoekom sal hulle bang wees die polisie is n grap en sou hulle per ongeluk gevang word net 2% word suksesvol vervolg en dan sit jy met tronke wat 150% oorbevolk is en is jou kans goed om minder as n kwart van jou vonnis uit te dien ,nou waarvoor sal hulle bang wees ?

Martin ·

Ek dink jy moet eers jou hoogsbetaalde werk los en saam die speurders daardie moord ondersoek. Dan sien jy hoe frustreerend en uiters moeilik so n ondersoek is. Dis glad nie maklik.

Annie ·

Dit is ‘n goeie idee. Ons het sirkels in ons dorp en die verkeer vloei gemaklik. Nie nodig om lank stil te staan soos by ‘n robot nie. Sterkte aan die familie.

Marinda ·

Ons ook, net jammer die mense weet nie hoe om sirkels te gebruik nie.

daniel ·

As jy vroegoggend op die pad moet wees moet jy liefs alle stoptekens verontagsaam as jy wil bly lewe.

Jerry B ·

Voel niks vir n lewe nie. Wens ek het die kans om n rooi kollietjie tussen die oe te maak. Maak mens woedend.

Sandra ·

Ek stop nooit meer by berkeerslig nie, 4 rigting stop en ry. My lewe is veel meer werd

Annoniem ·

Ek stop ook nie meer nie…veral as ek sien daar is geen motors nie. Ek is so keelvol. Moeg en net OP van alles.

marinda ·

Sy was n pragtige mens! Oppad werk toe! Ons harte is stukkend

m ·

Ek wens mense in die buiteland kan daai video van die incident op youtube miljoene hits gee!! Dit is scary!!

Fienie ·

Stuur vir loving life dit Sal oor see gewys word hy op yu tube gaan kyk daar

Jaco ·

En wat moet die mense van die buiteland doen? Die video kyk en dan wat? Dink jy nie mense in die buiteland het hulle eie probleme nie? Dit is net so goed ek wys jou ‘n video van ‘n moord in Brasilie wat daagliks gebeur. Die meeste mense in SA will nie ‘n video van ‘ moord in Brasilie (aan die ander kant van die wereld sein nie) Nou hoekom sal mense oorsee ‘n video van ‘n moord aan die ander kant van die wereld in SA will kyk?

m ·

@jaco, ek dink jy mis my punt, die enigste manier hoe ‘n mens problems soos hierdie, plaasmoorde ens. opgelos gaan kan kry is deur druk op die regering te sit om iets daaraan te doen. Deur die video in die buiteland in die public domain te kry, het jy ‘n kans dat verligtes soos die BBC en ander publieke komentators regop sit en se “hier is ‘n probleem “. Dit is ‘n God skeiende skande dat ‘n goeie onskuldige vrou (of enige iemand anders, “for that matter”) oppad werk toe so haar/hulle lewe moet eindig.

Susan vl ·

Waars ons minister van veiligheid? Begin met wette en pas toe op moordenaars…
Dammit!

Piet Konya ·

Watter minister??het nie een nie net n eish it’s payday from the tax payers and by the way she was white

Lollie ·

Die motoris wat daar verby is moes in hulle ingeploeg het of ten minste van hulle doodgery het!!! Dit sou ń oplossing gewees het dat hulle sien ons aanvaarbaar nie net alles gelate nie!

Drikus ·

Ek stem saam, die ander motoris kon haar dalk gehelp het deur op hul af te jaag. Stamp die ander kar net skuins voor op die neus en jaag dan weg as jy steeds so voel, sodat dit nie meer ‘n aantreklike kar vir die kapers is nie. Wonder hoe voel hy/sy nou oor die feit dat hy/sy net weggejaag het.

bokke ·

Met die rowers wat hulle wapens gereed het om te skiet? Dit sou baie braaf gewees het om enigiets in daai situasie te doen, meer onskuldige mense sou waarskynlik gesterf het.

charmaine ·

En dan gee ander lande nog steeds vir die land geld! Hoop dit gaan ook internasionaal!!!

internasionaal weet niks ·

laat ek maar vandag jou bubbel bars in die buiteland hoor en sien ons niks, was n skok toe ek in Engeland kom en besef die mense het nie n idee wat in SA aangaan nie, maar waarom tog sal ander lande hul ontferm oor SA, ????? Die nuusgebeure in SA is nie relefant in hul lewens nie

Peter ·

Tragies…
Dit is een rede hoekom SA in 2019 die tweede gevaarlikste land is om in te woon na Mexico

toy ·

m ek stem saam met jou. Sy was dalk ‘n ma van kinders, ‘n man se vrou en iemand se dogter. Psigopate wat ons mee saamleef. Dit is om van te skree!!! so woedend raak mens.

SM ·

Sy was ‘n ma, en getroud .. Isabel van Coller (56 jaar oud) – dit is tragies. Maak mens lam as mens na die footage kyk ..

Koos ·

Taxi’s het Brackenfel oorgeneem. Hoofstraat nou n jaag en gevaarlike pad. As dit met my vrou gebeur….my keel trek sommer toe.

Poplap ·

Dit is SO siek dat in hierdie land kriminele se regte hoër ge-ag word as ons normale inwoners, wat belasting betaal en hard werk vir ons geld. Ek hoop en bid haar familie dagvaar die minister van vervoer en veiligheid vir miljoene, sodat hulle kan begin om iets te doen aan hierdie kriminele elemente. Maak my siek!!!

GM ·

Hoekom nie maar net die motor vat en die vrou uitlos nie?
Niks behoort mens meer te skok in die land nie, maar dis afgryslik. En die president en kie. word deur wagte beskerm. Plaas daai voorreg weggevat word – dalk sal hul dan ‘n poging aanwend om die land reg te ruk.

C ·

Nee kyk, hulle skrik nie vir die polisie nie en nog minder vir hulle president, want hulle weet hy is te bang vir hulle om iets te se. Net nou verloor hy sy presidentskap en dan loop die potte leeg, so laat hulle maar voort gaan solank ek en my makkers kan skep. HELL NO dit moet end kry.

Piet Konya ·

Watter polisie en watter president is daar so iets hier om die blankes te beskerm???

Swanna ·

Gaan lees Deutrenomium hoofstuk 28 die hele een dan sal julle weet hoekom en as julle nie wil nie, hou opkla en aanvaar wat gebeur. Daar gaan nog meer sulke ding kom.

Danie T ·

Dis uiters tragies. Wanneer gaan dit stop?
Mnr die President kan u asb meer ruggraat toon en ongewilde (teen ANC)drastiese besluite neem om die land reg te ruk! Stel asb landsbelang voor partybelang!

EKKE ·

My innige simpatie met die familie. BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!!

Blommie ·

Ja nee in n land waar die Zamas Zamas MAG het en die kriminele KRAG.
N land waar jy meer voordele in die tronk kry as die man op die straat.
Lekker vakansie as jyopgesluit word, GRATIS verblyf, KOS, TV, SPORT kan gaan verder leer.
Gaan MOS lekker hier in SA en word jy kamstig ge rihabliteer om terug te gaan na die samelewing. Maar die mense wat 4uur opstaan om 05:30 by die huis te ry vir n eerlike bestaan moet dit deur gaan. N swart dame wat ek ken se my dat sy wat WERK kan nie eers n banklening vir n huis kry nie. maar die wat rondle kry sommer n gratis huis.
Nou ja wat meer kan ek se, watse boodskap stuur die regering.

Gerhardt O ·

Ook my innige simpatie aan die slagoffer se familie en vriende. Die kapers het nie nodig gehad om so ekstreem op te tree nie en hulle sal nou gejag word.

hercu ·

“Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom. Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom. 

Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.  Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word” ~ Ps 37

GATVOL ·

DINGE SOOS HIERDIE VAT AL GENOT EN GELUKKIGHEID WEG WAT DIE WERELDBEKER GEBRING HET . HOE KAN ONS WERELD KAMPIOENE GENOEM WORD AS ONS MENSE DAG EN NAG UIT GEMOOR WORD ELKE DAG.

DIS NET JAMMER !!

Furig! ·

Misdaad het ‘n nasionale sport geword! Dit oortref die Bokke by verre. Ek is skaam vir die ANC se part!

bokke ·

Hierdie is die tipe gemors wat lewenslank in die tronk moet sit sonder enige kans op parool.

Elke ·

Bokke@. Nee nie lewenslank in die tronk nie want lewenslank in die tronk is 15 jaar. Dis wat vir my gese is deur SAP nadat my broer vermoor is. Dis die soort wat permanent uit die samelewing verwyder moet word. Hulle vrees niks en niemand!

Antoinette ·

Die beste nuus wat ek vandag nog sal wil hoor is dat die blikskaters after die tralies is. Help seker nie dat ons weer skree vir doodstraf nie. Hulle welsyn mos belangriker as die onskuldige vrou en haar geskokte familie wat hiermee moet saamleef .

G ·

Dis tyd dat politici geen staats beskerm het nie. As hulle nie die land reg bestuur nie kan jy nie in n koekon wegkruip agter blou ligte en waste nie. Dan eers sal daar iets gedoen word

Liendempers ·

Ek stem saam. Geen sekuriteit en lyfwagte en geen privaat hospitale. Forseer hulle om staatshospitale te besoek. Dinge sal dan baie vinniger in die regte rigting begin beweeg.

Feite ·

Onwettige immigrante wat uit afrika kom uit die voorheen oorloggeteisterde lande se duimafdrukke is nie op die stelsel nie. Hulle is identiteitsloos, vreesloos en uiters geweldadig soos ook gesien in hulle optrede by die VN se gebou. Suid Afrikaanse misdadigers raak betrokke by die immigrante se georganiseerde misdadigheid en hulle is besig om vinnig te leer by die immigrante. Die immigrante word ook ingespan vir sluipmoorde op politieke opponente. Net die ANC en eff sal weet hoekom onwettige geweldadige immigrante in SA verdra word!

Nuwe SA ·

Dit is nou Die Klerk se nuwe SA. Kan darem stem en het die rugby gewen.

RATEL ·

Dit is op ons almal se brein…..maar ons mag dit nie meer se nie. SATAN jy en jou s slange sal buig voor Die Knie! Sterkte aan familie

Niklaas ·

Dis maklik om te sê vir die ander motoris ” hoekom jaag jy nie in hul vas nie?” Maar dan was hy/sy baie moontlik ook doodgeskiet , en die skakers weet dit. Dinge gebeur nou met soveel gemak omdat hul nie sommer gearresteer sal word nie en nog minder kans het op lang behoorlike strawwe . Dan is tronkstraf in SA nie juis swaar straf nie. Dis eintlik n mikpunt vir misdadigers.

Liz ·

Ek weet nie meer nie! Jammer aan die die familie en kinders en dat ons nie eers meer kan ry na ons wrrke as ons nog werke het nie. SA gaan jy ooit herstel? Ons kan net asem n hou en bid regtig.

Catherine ·

…..and Ramaphosa wants countries to invest here!!!!!!What a joke. This poor woman did not have the luxury of bodyguards, bulletproof car etc. I feel for her family and friends. Nothing is ever going to change in this country. Never. Grateful my children live in law abiding countries overseas.

Gert ·

Solank n terroriste-bende die land regeer en sy volk gyselaar hou, sal NIKS verbeter nie.

JohanR ·

We are investigating. If, and when we catch them the taxpayer will cover board and lodging for the next 50 years. Viva ANC and SACP Viva!!

Gert ·

Enige regering wat sy burgers se sekuriteit, hul onderwys en hul gesondheidsdienste versaak, moet verwyder word. Ongelukkig is die meerderheid van die burgers, tevrede om juis vir so ‘n regering te bly stem. Al oplossing…pak op en verlaat só ‘n land onmiddellik. Laat die ondersteuners en ruggraatloses maar voortploeter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.