‘Kapers’ vinnig in Durban aangekeer

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Twee mans is Saterdag spoedig in Sydenham in Durban in hegtenis geneem kort nadat hulle glo ʼn motor gekaap het.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn vrou was in haar motor toe twee mans haar omstreeks 08:30 in Randleweg genader en ʼn vuurwapen op haar gerig het.

“Die vrou is uit haar motor gedwing en die verdagtes het met haar motor weggejaag. Die Durban-polisie se honde-eenheid het op die voorval reageer en kort daarna die motor in die Chesterville-omgewing opgemerk,” het Zwane gesê.

Die verdagtes se motor is van die pad afgetrek en hulle is in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op die gekaapte motor en ʼn ander motor wat die verdagtes gebruik het.

Die mans, albei 27 jaar oud, moet Maandag in die Durban-landdroshof verskyn op ʼn kapingsaanklag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Mooi so hoe vinniger die krimenële aangekeer word hoe beter.
Hou so aan.

aec ·

Pragtig. Dankie aan die betrokke lede.dit is hoe dit gedoen word, vinnig en flink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.