Kapers vlug met kleuter in motor

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans het Dinsdagmiddag ʼn motor in Bryanston, Johannesburg, gekaap en weggejaag met ʼn tweejarige seuntjie steeds in die motor.

Ao. Moses Makhaphela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die kaping het omstreeks 14:00 plaasgevind. “Drie verdagtes wat met skêre gewapen was, het ʼn vrou se motor gekaap en weggejaag met die seuntjie in die motor.”

Volgens Makhapela het die vrou onmiddellik die polisie in kennis gestel. “Die motor is tussen 15:00 en 16:00 op ʼn hoek in Bryanstonweg gevind. Die kind was steeds in die motor en ongedeerd.”

Makhapela het gesê die ma is baie getraumatiseer en kon nie vir die polisie sê waarheen sy op pad was toe die kaping plaasgevind het nie. Die polisie soek intussen na die drie verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

Wat ‘n ontsettende trauma vir die ma. EN NIEMAND ANDERS HET GESIEN WAT GEBEUR??
Sak Sarel . . .

Peet Schabort ·

Yolande, is dit tot die gevolgtrekking wat jy kom omdat ek sê “en niemand anders het dit gesien”? Eers simpatiseer ek met die ma en dan bevraagteken ek die kaping? Hoe dan nou?
Moes ek vir jou om dit te verstaan eerder gesê het “iemand anders moes dit gesien het en het haar nie probeer help”?
DIT IS ALGEMEEN IN HIERDIE LAND OM ANDERPAD TE KYK.
Ek het dit onlangs by ‘n kruising ondervind waarin ‘n verwagtende vrou betrokke was en ek die enigste een was wat stilgehou het terwyl die ander ooggetuies (ten minste nog agt voertuie) net doodeenvoudig aanhou ry het. Ek het ook die botsing in my truspieël gesien gebeur.
Terloops, “sak Sarel” in hierdie geval staan vir “ek kan dit nie glo dat iemand anders dit nie gesien het”.

Louise ·

Kan jou se mense het gesien wat gebeur. Maar mense is nie bereid om te help nie want hul wil nie betrokke raak nie. En dit is hartseer verby.

mags ·

dit is so jammer. Die ma het seker haar kind eers in die motor gelaai en toe haar inkopies. Dit het all so baie gebeur. Eers die inkopies en Dan jou kind. Mamma.. Dankie dat die kind veilig is.

Hilet ·

Engelbrecht het voor die gastehuis stilgehou toe drie mans uit die bosse gekom en haar beveel het om uit die motor te klim. Hulle was met ʼn skêr gewapen.

Berig deur Mariné Jacobs. Die familie van die tweejarige kleuter wat Dinsdag in ʼn motor agtergebly het toe kapers daarmee weggejaag het, is nog te getraumatiseerd om oor die voorval te praat. André Snyman, stigter van die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch, het aan Maroela Media gesê die gesin het versoek om nie met die media te praat nie omdat hulle nog erg getraumatiseerd is deur die voorval. Volgens Snyman het Estelle Engelbrecht (56) omstreeks 14:00 met haar motor gery met haar kleinseun, Maxin Harvie, agter in sy motorstoeltjie vasgegespe. Hulle was op pad na ʼn gastehuis in Bryanston, Johannesburg, waar Maxin, wat serebraal gestremd is, terapie sou kry. Maxin se ma is tans in Nevada in die VSA waar sy opleiding ondergaan oor hoe om met serebraal gestremde kinders te werk. Snyman het gesê Engelbrecht het voor die gastehuis stilgehou toe drie mans uit die bosse gekom en haar beveel het om uit die motor te klim. Hulle was met ʼn skêr gewapen. “Sy het uitgeklim en hulle gesmeek om die seuntjie vir haar te gee, maar hulle het net weggery,” het Snyman gesê. “Sy het voor die motor ingespring en probeer om hulle te keer, maar hulle het weggejaag en haar in die proses byna raakgery.” Volgens Snyman het ʼn verbygaande motoris Engelbrecht opgelaai en hulle het die polisie en ʼn motoropsporingsmaatskappy gekry om die motor op te spoor. “Intussen moes die kapers agtergekom het daar is ʼn kleuter in die motor, want hulle het ʼn paar kilometer verder op die hoek van Main- en Bryanstonweg die motor langs die straat parkeer, doodluiters uitgeklim en weggestap. ʼn Veiligheidswag het gesien hoe die mans wegstap van die motor, skynbaar sonder om dit te sluit, en hy het onraad vermoed,” het Snyman gesê. Toe hy nader stap het hy gesien die kleuter is nog in die motor en dat die voertuig nie gesluit was nie. Hy kon die seuntjie uit die motor haal en verhoed dat hy ure lank in die hitte vasgekeer was. “Dit is ʼn verskriklike ding wat gebeur het, maar so baie goed kon só verkeerd gegaan het. Dit is ʼn wonderwerk dat die kind ongedeerd is,” het Snyman gesê. Hy het gesê die gesin is baie dankbaar dat Maxin nie seergekry het nie. Ao. Moses Makhaphela, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die drie verdagtes is steeds soek.

Susan ·

Dit moet vreeslik wees as jy sien daar gaan jou motor met jou liefling kind daarin. Ek stel my voor wat alles deur die ma se gedagtes gegaan het. Ek is net verskriklik bly die kleinding het nie iets oorgekom nie, dit kon so anders gewees het. Ja nee niemand stel belang om betrokke te raak nie, maar dit is ons mense se probleem. As ons meer betrokke raak sal dit hulle meer afsit. KOM SUID AFRIKA RAAK BETROKKE EN BETEKEN IETS VIR JOU NAASTE.

Zena ·

Ja, ek kan glo sy kon nie onthou waarheen sy oppad was nie. glo my, jys histeries as jou kind weg raak. my seun was weg vir n paar minute toe hy so drie jaar oud was, ek kon nie eers onthou watter klere hy aangehad het nie. gelukkig was hy saam met iemand wat ons familie geken het. en ja niemand is deesdae bereid om te help,want dalk, net dalk is dit in “trap”(lokval). eks bly niks ernstiger het gebeur nie.

Eliza-beth ·

Mense: mans en dames – wees paraat. Elke minuut – ons moet ongelukkig so leef. Ry met pepersproei tussen jou bene en hou iets swaars wat maklik hanteer (iets soos ‘n ligte hamer ens) langs jou waar dit nie raakgesien word en foeter links en regs daarmee as iemand jou deure oopmaak. En natuurlik – sluit alle deure, handsak in kattebak uit die oog ens. Sorg dat jy een van hierdie “tracker” sisteme in jou kar het wat dadelik jou kar kan opspoor – meer as een van verskillnde maatskappye as dit moet. WEES PARAAT. Peet, ek stem saam met jou, ek was al eenkeer te voet (hoekom nie, dit was 12h00, helder oordag en ek betaal belasting om die land aan die gang te hou hoekom mag ek nie my reg as ‘n landsburger om vryelik rond te beweeg gebruik nie?) in Koningin Wilhelmina rylaan in die middel van die week, in die middel van Pretoria. Skielik kom 5 jong swartes en spring oor die draad by ‘n park net anderkant die Nederlandse ambassade en my blokkeer. Ek het met my een voet in die pad gestaan want die karre jaag so en woes gewaai dat mense moet stop maar NIE EEN het nie. My behoud is dat, as ek skrik, ek aggressief reageer en “tale” begin gebruik en ek het hul begin verskree en slegsê waarna twee eerste padgee en een so ewe vir my sê hulle wou net weet of ek R5.00 (bid jou aan!) het vir hulle. Waarna ek hom verskree of ek dan vir hom soos ABSA lyk. Ek het gelukkig kopgehou en ook hul verskree dat hulle my kar (sommer hulle ja – haha) gesteel het en nou moet ek stap en nou wil hulle my ook nog beroof. ‘n SWART taxibestuurder is die enigste een wat uiteindelik net so entjie vorentoe gestop het, met die wat ek so arms waai en doen en in sy truspieëltjie bly kyk het en toe hulle sien hulle kom nêrens met die skreeuende swetsende aggresiewe vrou (sommer daai lelike F-woord!) het hul teruggespring oor die draad. Toe ek nader aan die taxi kom het hy my gevra of ek okay is en aangebied om my te vervoer maar ek was so geskok en kwaad en alles dat ek gesê het dankie dat jy wou help maar ek stap liewer – mens weet mos nou nie! So, Yolande, bedaar, Peet het geensins geskimp dat iemand dit opmaak nie – ek kan getuig dat mense NIE stop om te help nie!

Eish! ·

Dankie tog die kind is gekry en veilig. Hoop die ma kan die hele storie hanteer. Weet nie of ek sou kon nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.