Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn 51-jarige KwaZulu-Natalse motoris Saterdag buite sy huis tydens ʼn kaping doodgeskiet is nie.
Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê beamptes is steeds op soek na die twee kapers wat die motoris buite sy huis in Kieslaan, Reservoir Hills in Durban, oorval het. Die kapers het die man geskiet, sy Toyota Corolla gekaap en op die vlug geslaan.
Volgens Mbele is die voertuig later verlate in Pinetown gevind.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 13:45 na die misdaadtoneel ontbied. Volgens Herbst is die man in sy bors geskiet en was hy by paramedici se aankoms in ʼn kritieke toestand.
Paramedici het probeer om die man te stabiliseer, maar dit was tevergeefs en hy het op die toneel gesterf.
Die polisie het nog nie die oorledene se naam bevestig nie. Sake van moord en voertuigkaping word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Hoekom word voertuie gekaap en later iewers verlate gevind? Wat is die kapers se idee daarmee?
Ek praat nie eers van die onnodige lewensverlies nie!
Dalk ‘n beplande sluipmoord.
Natuurlik sal hulle nog op vrye voet wees sa het nie polisie diens nie ,die familie sal weer n privaat speurder moet aanstel.
Dis gehuurde moordenaars wat dit moet laat lyk soos n kaping. En dit gebeur al meer en meer.
Dalk was die bende in blou dalk nog verantwoordelik gewees ek vertrou hulle gladnie