Kaping eindig in verkragting, moord

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie ondersoek sake van verkragting, kaping en moord nadat ʼn studentepaartjie aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se rustige aand uit in ʼn nagmerrie ontaard het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die paartjie het Saterdagaand omstreeks 21:30 in North End in Port Elizabeth in ʼn motor gesit toe ses gewapende verdagtes hulle genader het. “Die paartjie is in die kattebak van die motor gedwing voordat twee verdagtes met hulle weggery het.”

Volgens Naidu is die paartjie na ʼn strand in Port Elizabeth geneem waar die 21-jarige vrou glo verkrag en die 28-jarige man ʼn paar meter van die motor doodgeskiet is. Die verdagtes het die vrou hierna in die middestad afgelaai. Naidu het gesê die saak is kort hierna onder die polisie se aandag gebring.

“’n Taakspan is onmiddellik op die been gebring en ʼn grootskaalse soektog is na die verdagtes en vermiste man begin met die ondersteuning van die blitspatrollie, die lugvleuel, ʼn soek- en reddingspan en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).” Volgens Naidu is die man se liggaam omstreeks 12:30 Sondag in die see naby Brighton Beach gevind.

Die slagoffer se motor, ’n goue Polo Vivo, is nog nie gevind nie. Enigiemand wat die polisie met inligting kan bystaan, kan kapt. Killian bel by 083 391 2377 of konst. Nkaza by 082 442 1384.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Antimens ·

Daai PE is ‘n evil plek. Kyk net al die walglike dade wat daar plaasvind. Alison, Jade en nou hierdie jong couple. Skandelik. Bring terug die doodstraf vir hierdie misdadigers

KarooKlong ·

Antimens, jy is net jaloers omdat jou party daar verloor het. Die hele SA is ‘n evil plek. Toevallig het net PE se saak by Maroela uitgekom.
Wees ook verseker die doodstraf sal NOOIT weer in SA terugkom nie.

Berhalet Beukes ·

Die boosheid van Suid-Afrikaanse kriminele is walglik. Daar is net geen perke nie, geen vrees vir die gereg nie. Maar stem word daar vir die ANC gestem.

Piet ·

Alison se duiwels aanbidder aanvallers het volgens die SA wet reeds hul tyd gedoen. Hulle kom dus kort kort voor vir parool. Die regter het wel aanbeveel dat hulle nooit parool mag kry nie. As hulle gevang word sou die doodstraf al gepasde staf wees vir hierdie monsters, anders is hulle weer eendag op straat.

MissDemeanor ·

Ons sal maar moet wag en sien. My persoonlike oppinie is dat mens moet begin by die gesin. Dit is ‘n langtermyn oplossing. Help ouers om hul kinders te versorg, sorg dat kinders skool toe gaan, sorg dat hul gebalanseerd en gesond eet. Gee vir die tieners iets opbouend en gesond om hul tyd mee te verdryf. Maak die samelewing goed genoeg dat mense nie wil kies om kriminele te word nie.

Gert van Heerden ·

Ek dink net nie die DA het beheer oor die veilighiedsmagte nie, hulle sal niks hieraan kan doen nie.

Hester ·

Ek hoop regtig die DA gaan hulle beloftes nakom! Sal daar ooit einde kom aan die wreedheid en moord?

yvonne ·

Geen politieke party gaan dit regkry om mense te stop om te moor, steel ens. Om die doodstraf terug te bring gaan nog minder help. Die mens moet by hom self begin. Daar is ongelukkig geen respek meer vir mekaar nie en mense gun mekaar eenvoudig nie die son wat oor ‘n ander se kop skyn nie. Die gebrek aan hierdie basiese eienskap loop deur alle vlakke van die samelewing insluitende die wetstoepassers . Port Elizabeth het haar kwota probleme en misdaad nes enige ander plek. Dit is nie besonder evil omdat Allison se insident hier plaasgevind het nie.

Willie ·

Dis eindelik baie maklik, pas wette toe, wees streng in skole, bring christelikke waardes rerug, alles gaan tog oor toepassing van reels in alle aspekte van die lewe?

Wiebo ·

Sal die mense nou ophou om die doodstraf terug te wil he. Dit raak so vervelig om die wood “doodstraf”te hoor. Dik net as die doodstraf terugkom, hoe gaan alle blankes die doodstraf opgele word. Net n “wettige” manier om van die blankes ontslae te raak.

snoefie ·

se ek ook wiebo. maar jy weet mos Lee blikke maak die meeste lawaai. as jy wil skree en jy weet nie wat om te skree nie dan vra jy die doodstraf of jy maak ou Ossie berug of jy rakel Jan van Riebeeck op. moet ook nie vigilantes skree nie. kyk wat het in Belfast gebeur en geen swart kanker is nog uit die gemeenskap verwyder nie. kom ons bid die da kry die metro en KAN en WIL skoonmaak en opvoed.

Adeline ·

Die walglikheid van hierdie siek dade is om van naar te word! Dit moet n vreeslike ondervinding wees, niemand verdien so iets nie. Dis barbaars!

Wern ·

Tragies, en ek hoop die misdadigers word gou gevang. Ek weet nie wat die omstandighede was nie maar goeie raad is om nie in n kar in die aand by n ver late plek te sit en ontspan nie, al is die uitsig hoe mooi en die aand hoe romanties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.