Kaping: Ma voor kinders doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 33-jarige ma van Johannesburg is Maandag voor haar kinders doodgeskiet tydens ʼn kaping buite haar dogter se skool.

Lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou en haar sewejarige seun was in die motor toe hulle haar 12-jarige dogter by ʼn skool in Soweto gaan oplaai het. “Die dogter het in die motor geklim en toe hulle in die straat ingedraai het, is hulle deur twee mans met vuurwapens voorgekeer.”

Die ma is geskiet en saam met haar kinders uit die motor gegooi. Sy is op die toneel dood. Volgens Makhubela is die kinders nie beseer nie.

Die polisie het die vrou se Toyota Corolla ure later verlate in Dobsonville gevind.

Aanklagte van moord en gewapende roof word ondersoek.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ai tog ·

Die wreedheid is onbeskryflik hoe kan jy ‘n ma voor haar kinders skiet en die kar vat en dit later iewers los. Die kinders is beroof van hulle ma en waarvoor? Dit word al erger

scalla ·

Tragies, sterkte aan die gesin, barbare optrede, wanneer gaan dit stop.

jacques ·

Die storie raak baie erg by ons maak nie saak watse kleur jy is nie ,doodgeskiet net om haar kar vir n lift te gebruik,amper al die highjackings word die kar erns verlate gekry.

Theresa ·

Barbare. Skiet die ma voor die kinders net om ‘n goedkoop lift te kry en die kar weer net iewers te los. Dink seker hulle sal nie gevang word nie. Daardie arme kinders sal vir die res van hul lewens berading moet kry en nou moet hulle sonder ‘n ma groot word.

pop ·

Hulle kom weg met die mees barbaarste optrede. Die regering sal en gaan ook niks daaraan doen nie.

SNEL ·

Goeiste maar dis erg, ek kry die kinders vreeslik jammer, om te dink wat hulle moes deurmaak en beleef het op so jong ouderdom. Kan my nie indink dat iemand n ma voor haar kinders net so, sonder gevoel of niks kan skiet nie. Ai, die letsels wat nou op daai kinders gelos is. Ek kan hulle net dra in my gebede saam met die pa. Sterkte!!!!

Fluitjie ·

So onnodig en tragies. Werklik siek en sat vir al die geweld in hierdie land. Hoe troos mens daardie kinders??? Sterkte outjies.

carol every ·

Regering is te blameer vir al hierdie wreedaardige moored!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.