Kapingslagoffer uit kattebak gered

Argieffoto

ʼn Man is Saterdagaand laat deur polisiebeamptes in Umlazi, suid van Durban, gered nadat sy motor ʼn ruk vantevore deur ʼn groep mans gekaap en hy in die kattebak ingeboender is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes van die Ethekwini Inner South-groepering het omstreeks 23:00 inligting ontvang dat ʼn motor in die J-gedeelte van Umlazi gekaap is. Die beamptes het die inligting opgevolg en vinnig die motor in Nkonjanelaan opgemerk.

Hulle het die voertuig met drie insittendes agternagesit en die verdagtes het naderhand stilgehou en te voet verder gevlug. “Die polisie het die verdagtes gejaag en ʼn 21-jarige man vasgetrek. ʼn Ongelisensieerde vuurwapen en silwer handboeie is in sy besit gevind,” sê Gwala.

Die ander twee verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap.

Die beamptes het die motor deursoek en die slagoffer in die kattebak aangetref. “Die slagoffer het die verdagte uitgewys as een van die mans wat sy silwer Toyota Etios gekaap en hom beroof het.”

Die verdagte sal Dinsdag in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jaco ·

kaap our people dan our people ook? vreemd, want Ramaphoza sê dan white people is die groot las op SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.