‘Kapingslagoffer’ vas ná hy jok oor voorval

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 30-jarige vragmotorbestuurder is Maandag in hegtenis geneem ná hy ʼn valse verklaring by die polisie afgelê het dat hy glo die slagoffer van ʼn kaping was.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Elton Schoeman is Maandag in hegtenis geneem en word aangehou omdat hy onder eed gelieg het, asook op aanklag van diefstal.

“Die verdagte het 12 Mei beweer dat hy omstreeks 03:30 gekaap is en ʼn vuurwapen op hom gerig is deur onbekende mans op die N2 naby Blouwaterbaai in Port Elizabeth,” het Naidu gesê.

Die verdagte was die bestuurder van die vragmotor wat gelaai was met drank ter waarde van sowat R800 000.

By verdere ondervraging en ondersoek het die bestuurder erken hy is nie werklik beroof nie, maar het inderwaarheid ooreengekom met die onbekende mans om die drank te steel.

Naidu het gesê verdere inhegtenisnemings sal volg.

Schoeman het in die Motherwell-landdroshof verskyn en is vrygelaat op R500 borgtog.

Die saak is uitgestel tot 2 Julie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

apie ·

7 bottels bier op die muur, 7 bottels bier op die muur by twee Julie is daar geen bottels bier op die muur

snoefie ·

klink vir my na absolute strooi. verkiesingsliegstories. wanneer word die volgwende groot dwelm / perlemoen weer gevind?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.