Kapingstatistieke skok: Beveilig jouself só

Argieffoto

Volgens statistieke van die Suid-Afrikaanse polisiediens is sowat 12 743 motors tussen April en Desember verlede jaar gekaap – ʼn aansienlike 14% hoër as in dieselfde tydperk die vorige jaar.

Indien dié syfer na maandelikse kapings verwerk word, beteken dit dat nagenoeg 1 416 motors maandeliks gekaap word. Daar is dus bykans elke 32 minute in Suid-Afrika ʼn kaping.

Bianca de Beer, woordvoerder vir Dialdirect, sê té veel Suid-Afrikaners leef nog in die waan dat so iets nié met hulle kan gebeur nie.

“Ons lees elke dag oor dié statistieke, en dit is uiters belangrik om inligting wat jou help om meer waaksaam te wees, ernstig op te neem,” sê De Beer. “Daar is ʼn magdom inligting aanlyn beskikbaar oor kapingstaktieke, gevaarlike gebiede en wat jy in só ʼn situasie moet maak. Hoe meer jy weet, hoe beter is jy voorbereid.”

Hier is ʼn paar wenke:

  • ʼn Naasbestaande moet te alle tye weet waar jy jou bevind – as jy ʼn alleenloper is, maak seker ʼn vriend of buurman weet van jou reistye.
  • Gebruik ʼn navigasiestelsel om te verhoed dat jy verdwaal en dan moontlik deur gevaarlike gebiede moet ry.
  • Wees altyd bedag op jou omgewing – moenie jou aandag aftrek met ʼn selfoon nie.
  • Installeer “smash and grab” op jou motor se vensters. Moet ook nooit met oop ruite of waardevolle items wat oop en bloot lê in jou motor rondrits nie.
  • As jy vermoed jy word agtervolg, maak ʼn paar draaie wat jy nie gewoonlik doen nie. As die persoon jou steeds agtervolg, ry na die naaste polisiestasie.
  • Los altyd genoeg spasie tussen jou motor en die motor voor jou om dit te vermy om vasgedruk te wees en sodoende nie te kan wegjaag nie.
  • As jy in ʼn agterdogwekkende gebied of selfs in die aand ry en die verkeerslig is rooi, begin op ʼn ver afstand stadig rem aanslaan sodat jy nie skielik “dood” hoef te stop nie.
  • Vra jou motorversekeraar vir ʼn paniekknoppie wat jy te alle tye in jou motor hou.
  • Stap altyd om jou motor en kyk ook binne-in die kajuit voor jy inklim, selfs al was jou motor gesluit.
  • Vermy hindernisse in die pad – kapers sal dikwels ʼn klip of boks in die pad plaas. Moet nooit stop nie, bel liefs die polisie.
  • Bly te alle tye van jou selfoon, skootrekenaar of tablet af wanneer jy bestuur, en hou dié items weggebêre.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

Ons het al oor n toilet bak gery gelukkig was ons voertuig hoog her glad nie gestop tot in bela bela

Leroy ·

Ry ‘n ou krok wat niemand wil hê nie. O sorry, dis mos benede julle. Wat van julle image?

al ·

Ek stem. Mense is geneig om met hul rykdom te spog en is ñ trekpleister vir rowers.

JS ·

Hier’s ‘n idee: maak die keuse om vir jouself op te staan, kry ‘n vuurwapen en dra dit by jou. Dan kan jy jouself verdedig! Hierdie advies is altyd so passief, asof ons hulpeloos MOET wees. Dis nonsens. Wetgehoorsame mense moet begin opstaan en ruggraat groei – die rede hoekom misdaad hoogty vier is omdat mense opgehou het om hulleself effektief te verdedig.

Lina ·

Die wet is nie aan ons kant nie of lees jy nie die nuus nie.

JS ·

Nee Lina, dis net nog ‘n verskoning. Praat bietjie met prokureurs, kry die feite. As jy skiet gaan jy aangekla word – dis die proses – maar hoeveel mense word regtig skuldig bevind en tronk toe gestuur as hulle binne die wet hulself verdedig het? Waar is jou statistieke? En boonop , al was jou stelling waar, as ek moet kies tussen 15 jaar tronkstraf of my kind se lewe dan kies ek elke keer my kind.

JoeV ·

Presies die rede vir die hoë misdaad, dit word toegelaat en aanvaar as die norm.

Vaalpiet ·

Ek glo jy moenie staatmaak op ‘n navigasietoestel nie het al persoonlik met toestel deur gebied gery waar ek onveilig gevoel het

"oop lippe" ·

Vriende/Bangane, hierdie is Africa Du Sud, land van “melk &heuning”!

Estelle ·

Maroela Media, hoekom kan ons nie hierdie wenke “copy & paste” nie – dit sal soveel makliker wees om dit veral vir die jong mense uit te deel wat pas leer bestuur het.

Afrikaanse Knaap ·

Beste is, ry ‘n ou betroubare kar wat niemand wil kaap nie. Moenie lyk of jy geld het nie. Dit werk vir my. Ek sluit skaars my kar.

foxi ·

Sit( sticker) teen venster…..SNAKES ON BOARD. Dit werk!!!!

SARIE VAN HEERDENss ·

Kuga, wat beteken KUGA geskryf op jou motor? Ons het deesdae so baie afkortings.

Antoinette ·

As dit die statistiek is en hulle is bewus waar die sogenaamde hotspots is…waar is die “sigbare polisiëring” dan…of aelfs net die pad-verkeer/metro polisie…
Die grasse en bome en bosse is gewoonlik op die meeste van hierdie plekke ook so bedrieglik lank datg een drywer voortydig kan besigtig nie…die kapers lê plat en spring van al die kante af op en probeer jou aandag aftrek en dan vind die aanval plaas….

Charmaine Coetsee ·

mmmm Ek ry ‘n vuil kar… dus los hulle my uit!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.