‘Kaptein KGB’ hoor oor borgtog

Morris Tshabalala. (Foto: ANA)

Die voormalige misdaadintelligensiebeampte Morris Tshabalala is Donderdag in die handelshof in Pretoria op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Tshabalala, beter bekend as “Kaptein KGB”, is aanvanklik in Januarie borgtog geweier. Dit het tydens Donderdag se hofverrigtinge aan die lig gekom dat die ondersoeker van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), wat die ondersoekbeampte in die saak teen Tshabalala is, moontlik oneerlik was in sy beëdigde verklaring.

Cedrick Nkabinde se geloofwaardigheid is in twyfel getrek nadat Mpesi Mahkanya, Tshabalala se regsverteenwoordiger, gesê het Nkabinde het hom op 20 Junie gebel en gesê Tshabalala moenie in die tronk wees nie en moet op borgtog vrygelaat word.

Nkabinde het die bewerings ten sterkste ontken in ʼn beëdigde verklaring. Die hof het voorts gehoor dat Nkabinde glo ook oneerlik was oor die aantal foongesprekke wat hy met Makhanya gehad het.

Landdros Nicola Setshoege het gesê Nkabinde het die hof mislei en sy optrede bevraagteken. “Dit gaan nie oor wat Nkabinde aan Makhanya op die foon gesê het nie. Dit gaan oor sy optrede, en die feit dat hy nie melding gemaak het van die oproep nie, plaas sy geloofwaardigheid onder verdenking.”

Nkabinde sou na verwagting ook Donderdag getuig het, maar het nie by die hof opgedaag nie. Die saak is tot 1 Oktober uitgestel.

Tshabalala is in Desember in hegtenis geneem toe hy by Pretoria-Sentraal met sy paroolbeampte kontak gemaak het. Hy is aangekla van diefstal en dat hy na bewering meer as R500 000 van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid geplunder het.

Volgens die klagstaat het hy byvoorbeeld beweer hy benodig R470 000 om blindings en gordyne vir ʼn huis van veiligheid aan te koop. Hy het glo meer as R200 000 daarvan in sy eie sak gesteek.

Tshabalala is onder meer skuldig bevind op ander aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en die beplanning van ʼn transitorooftog.

Die staat het vroeër in Januarie tydens Tshabalala se hofverskyning aangevoer hy het hom nié in 1996 aan die departement van korrektiewe dienste oorgegee om tronkstraf van 10 jaar uit te dien ná ʼn gewapende roof wat in 1994 in Mamelodi, buite Pretoria, plaasgevind het nie. Hy is in daardie stadium ook skuldig bevind op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Tshabalala het herhaaldelik appèl aangeteken teen die uitspraak wat in 1996 gelewer is, maar dit is telkens deur die hof afgekeur. Hy voer aan dat hy met sy lewe voortgegaan het, ondanks ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming wat in 1998 uitgereik is, omdat die prokureurs wat hom verteenwoordig het, gesê het sy appèlaansoek was suksesvol.

Terwyl hy voortvlugtig was, het Tshabalala hom by die elite-misdaadintelligensie-eenheid van die polisie, gevestig in Erasmuskloof, oos van Pretoria, aangesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Callie ·

Hoe pateties is die polisie en hul sisteme. Wat kan mens anders van die korrupte spul verwag

Speedguard ·

Stem 100% saam Callie, wonder of Mnr die ondersoekbeampte nie kop in een mus is om die ondersoek doelbewus te laat misluk nie, so word baie ondersoeke gekelder!

Pateties ·

Hoe is dit dat iemand met sy tiepe misdaad agtergrond elk geval by die polisie kan aansluit en dan boonop in n elite pos waar hy verder kan plunder?! Dan weer, hoeveel van ons voormalige lands presidente is skuldig aan misdade, voorbeeld is seker gestel! Net God kan ons land red van die verwoesting

Cherokee ·

Hulle het ‘n graad 2 laat aansluit as president. So! (tipe is hoe dit geskryf word)

Belaglik ·

Wat ek nie verstaan nie, is hoe word mense aangestel in die polisie met ‘n kriminele rekord. Ons kry nie eers mense aangestel by instansies as hulle ‘n uitstaande traffic fine het nie, wat nog te se ‘n kriminele rekord. Word daar nie checks gedoen as hulle mense aanstel nie, dan sou hulle optel dat hy ‘n voortvlugte is, maar nogsteeds is hy aangestel??? Dit gaan my verstand tebowe!!!

Skokkend ·

En steeds kry hy ‘n salaris en steeds bly hy in sy posisie, arme blankes word so ge-alienate as hulle durf waag om ‘n voet verkeerd te sit . die regstelsel in SA is ernstig besig om te vou.

Katerina ·

Suid Afrika..die storie verras my nie in die minste nie.

Katerina ·

When people who cannot run a bath
without stealing the water and breaking the bath, try to run a country – things like this are the unsurprising results..

koiuga ·

gordyne en blindings vir n huis kos R270 000? is dit met goud beslaan of net n groot huis?

Denise ·

Hel wat soort blindings en gordyne is dit wat so duur is dalk aluminium of staal ???

leser ·

“denise”
die blindings is van titanium, uiters sterk, want dit was vir ‘n huis van “veiligheid”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.