Kaptein ‘KGB’ probeer glo eie lewe neem in selle

Morris Tshabalala, voormalige misdaadintelligensiebeampte, beter bekend as Kaptein KGB, loop agter ʼn polisiebeampte voor hy destyds in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn het (Foto: ANA)

Die voormalige misdaadintelligensiebeampte, Morris “KGB” Tshabalala, is Vrydag uit die tronk na ʼn buitehospitaal gehaas nadat hy glo selfmoord probeer pleeg het.

Die departement van korrektiewe dienste het Vrydagaand aan African News Agency gesê Tshabalala is “nie gesond nie”.

“Ons kan bevestig dat Morris Lesiba Tshabalala deur ons mediese personeel behandel moes word,” het Singabakho Nxumalo, woordvoerder, gesê.

Hy is volgens Nxumalo op die toneel gestabiliseer en toe na ʼn ander hospitaal oorgeplaas vir opvolgbehandeling.

Tshabalala is in Desember in hegtenis geneem toe hy met sy paroolbeampte kontak gemaak het by Pretoria-Sentraal. Hy is aangekla van diefstal en dat hy na bewering meer as R500 000 van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid geplunder het.

Volgens die klagstaat het hy byvoorbeeld beweer hy benodig R470 000 om blindings en gordyne vir ʼn huis van veiligheid aan te koop. Hy het glo meer as R200 000 daarvan in sy eie sak gesteek.

Tshabalala is onder meer skuldig bevind op ander aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en die beplanning van ʼn transitorooftog.

Die staat het vroeër in Januarie tydens Tshabalala se hofverskyning aangevoer hy het hom nie in 1996 aan die departement van korrektiewe dienste oorgegee om tronkstraf van 10 jaar uit te dien ná ʼn gewapende roof wat in 1994 in Mamelodi, buite Pretoria, plaasgevind het nie. Hy is in daardie stadium ook skuldig bevind op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Tshabalala het herhaaldelik appèl aangeteken teen die uitspraak wat in 1996 gelewer is, maar dit is telkens deur die hof afgekeur. Hy voer aan dat hy met sy lewe voortgegaan het, ondanks ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming wat in 1998 uitgereik is, omdat die prokureurs wat hom verteenwoordig het, gesê het sy appèlaansoek was suksesvol.

Terwyl hy voortvlugtig was, het Tshabalala hom by die elite-misdaadintelligensie-eenheid van die polisie, gevestig in Erasmuskloof, oos van Pretoria, aangesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Shame. Ek funksioneer op grond van my patalogiese leunaar status… IN DIE POLISIE!!!!!!!!!!!!!! En nou soek ek aandag en pitty! ANC LEGACY van kern korrupte gewetenlose Zumaikies en kie.

Andre ·

Terwyl hy voortvlugtend was het hy by die polisie aan geluit!!!!

Lia ·

Ek het nou presies dieselfde gedink! Hoe de joos is dit moontlik terwyl die polisie hom soek, sluit hy by hul aan?? Elke slag dink ek, nou het ek alles gehoor en gesien, dan trek hul nog n haas uit die hoed wat my stomslaan. Eish!!!

snoefie ·

nie sommer enige tak nie, maar ‘die elite-misdaadintelligensie-eenheid van die polsie. wha haha ha ha haha ha

Marinda ·

Net in SA. Ai tog, het hy regtig probeer selfmoord pleeg of het iemand hom nie dalk gehelp nie? Dalk deel van ñ plan?

Pieter ·

Bykans alles wat ANCircus aanraak verander in … Dat n veroordeelde voortvlugtige polisie beampte by die misdaadinteligensie kan aansluit … wat n elendige grap.

Lerato ·

Miskien gaan hulle hom ” terminaal siek ” verklaar. Dan kan hy nes Shaik gou uit wees om golf te speel

PJC ·

Ek dink hierdie selfmoordpoging is net ń rookskerm en het ek dus hoegenaamd geen simpatie met hom nie.

ontevrede leser ·

indien daar beweer word dat sommiges nie eens kan skryf nie, wat het op hulle aansoek forms dan gestaan?, “WIE” het dit “AANVAAR”, dan is dit nie moeilik om die afleiding te maak dat jy in enige pos in die polisie aangestel kan word nie. kyk maar na 1994 se polisie HOËS, meeste KORRUPTEGUPTAS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.