Kar by Chapmanspiek af ná voorval by tolhek

Waar die kar gerol het. Foto: Facebook via Shane's Towing CC.

Waar die kar gerol het. Foto: Facebook via Shane’s Towing CC.

Die man wat Maandagoggend met sy motor van ʼn afgrond by Chapmanspiek af gery het, het glo eers deur ʼn tolhek gejaag.

Shane Meyer, eienaar van Shane’s Towing, het aan Maroela Media gesê volgens tolhekbeamptes het die bestuurder van die motor na bewering deur ʼn oop tolhek gejaag nadat ʼn ander motoris betaal het.

“Die beamptes het hom agternagesit. Die man het glo stilgehou, maar toe weer weggejaag en oor die afgrond gery,” het Meyer gesê. Hy meen die motor kan nie herwin word nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het intussen gesê sy personeel en die nooddienste is ontbied nadat beamptes nie dadelik die ligging van die voertuig kon bepaal nie, sodat ʼn seereddingsvaartuig uitgestuur kon word.

“Die voertuig is sowat 50 m van die kuslyn gevind, maar niemand was daarin nie.” Die bestuurder (32) is na verdere ondersoek opgespoor. “Ons vermoed hy is uit die motor geslinger toe dit teen die afgrond af gerol het.”

Die man was by sy bewussyn, maar het kopbeserings en snye aan sy lyf opgedoen. ‘n Helikopter is ontbied om die man na die pad te neem, vanwaar hy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marietjie ·

Ons het ook baie sulke tolgat-roof bestuurders by Zambezi-e-tolhekke. Hulle lag lekker as hulle so agter jou aanjaag, maar net eendag gaan daai tolhek nie oop nie en dan kaboem !!!

snoefie ·

ons belastingbetalers het vir die paaie betaal. deur die petrolprys, BTW, inkomstebelasting, motorlisensies ens betaal ons vir die instandhouding van die paaie. 10/1 het belastinggeld die tolhekke oogerig. hoekom moet ons tol geld betaal om op daardie paaie te ry?

Piet Pompies ·

Die man het nie net versuim om tolgeld te betaal, hy het sommer gratis lugtyd gehad. As mens kyk na die afstand van waar die voertuig die pad verlaat het en die persoon uitgeval het tot waar die motor tot stilstand gekom het, was hy heelwat tyd in die lug.

MM ·

Lekker lag ek nou vir jou. Goed gese daar. Betaal maar die tolhek, want nou het hy sy kar afgeskryf.

Shaun ·

Daar is geen wet wat se jy moet tolgeld betaal nie . Dis n siviele aangeleentheid . Hoop hy dagvaar die beamptes wat hom gejaag het . Hulle het ggen reg om hom te jaag vir tolgeld nie

Magda ·

Ek betaal my e-tol omdat: As almal e-tol betaal dan sal dit reg werk: 80% van die belastingbetaalers se geld gaan vir paaie en die ander 20% kom van die e-tol gelde af. So jy sal dan nie dubbled betaal nie EN jy score want almal, nie net werkende belastingbetalers moet e-tol betaal. So ek stem vir e-tol.

G ·

Magda, taxi bestuurders hoef nie e-tolls te betaal nie, jy weet dit nè? En dink jy nou regtig al die geld gaan na die regte plekke toe gaan? Ons president en sy makkers gaan net meer hê om te steel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.