Kar ry vrou in Centurion dood

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Vrou is Sondagaand in Centurion doodgery.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 18:30 in Ruimteweg naby Alettalaan in Raslouw plaasgevind.

“Volgens berigte van die toneel was die vrou in ʼn voertuig wat deur ʼn ander voertuig gesleep is,” het Steinmann gesê. “Die sleeptou het glo gebreek. Die vrou het na bewering uit die voertuig geklim en is toe deur ʼn verbygaande motor getref.”

Paramedici het die vrou se liggaam in die pad aangetref. Sy was reeds dood.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.