Kar stamp vrou tydens padwedloop

Argieffoto Foto; Runners World

Argieffoto Foto; Runners World

ʼn 41-jarige vrou is Sondagoggend ernstig beseer toe ʼn motor haar tydens die Colgate-padwedloop in Boksburg, Gauteng, getref het.

“Die vrou het in die straat gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Sy het ernstige beserings opgedoen.” Hy het gesê die vrou is behendig op ʼn traumabord geïmmobiliseer en met ʼn helikopter na ʼn gespesialiseerde hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Metropolisiebeamptes het glo die motoris ʼn paar meter van die ongelukstoneel af aangekeer. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die metropolisie, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Neil Cochran, president van die Boksburg-atletiekklub wat die geleentheid organiseer het, het aan Maroela Media gesê hy kan nie in hierdie stadium enige verdere besonderhede bekend maak nie.

Dit is nie duidelik of die vrou, van Benoni Harriers-hardloopklub, aan die 15 km- of 32 km-wedloop deelgeneem het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Neptunus ·

Hoe op aarde kan ‘n motoris ‘n drawwer in ‘n groot wedloop soos daardie raakry? Daar is oral beamptes, hordes atlete ensovoorts.

Gielie ·

Wat het van SA geword? Is mens nie eers veilig as jy aan sport deelneem nie?

elize ·

Die paaie is gebou vir voertuie en nie vir atlete nie. As jy atletiek wil beoefen dan is die stadions daar. Jammer dat die vrou raak gery is, maar dit is vir die voertuig bestuurders ‘n beslommernis as hulle die pad moet deel met atlete vir ‘n wedloop.

CHRISTA ·

Elize, by watter stadion sal jy vir hulle ‘n maraton kan organiseer? Bied jou hulp aan – ek glo hulle sal dit waardeer!! HAHAHA!!!

Ghost ·

Elize dit is net n selfsigtige mens wat so sal redeneer. Daai atlete betaal ook om daai pad in stand te kan hou en te kan gebruik. Volgende sal jy seker se dat fietsryers ook nie op die pad mag ry nie. Die groot problem is die een gin nie die ander een om iets te doen nie. Ek self doen padwedlope en moet se daar is darem heelwat motoriste wat bedagsaam is en selfs met oefeninge as ek by n cruising kom wag ek gewoonlik dat die moteris eerstery, en baie van hulle wys ek kan maar hardloop. Se baie dankie vir daai wat bietjie geduld het met ons,

Neptunus ·

Toemaar Christa, Elize weet seker nie wat “padwedloop” beteken nie.

Sy is dalk een van daardie mense wat eerder 5 minute in ‘n parkeerarea sal rondry om die naaste moontlike parkeerplek aan die “mall” se ingang te kry, in plaas daarvan om ‘n entjie te stap.

G’n wonder ons volkie raak al hoe dikker nie.

Ghost ·

Stem saam jou. Hulle gin nie almal n plekkie in die son nie. Alhoewel die hardlopers help betaal aan daai einste pad. Maar ek moet dankie se vir daai motoriste wat wel geduldig is met ons hardlopers. By n cruising wag ek gewoonlik dat die voertuig eers ry voor ek verder draf, maar kry gereeld wat die bestuurder van die voertuig vir my wys hardlaap maar eers. Baie dankie aan julle.

carel ·

ek ry Vrydag van Waterkloof na Centurion 100de mense kom van voor in pad wetloop – van die skape draf langs mekaar – beduie ek moet in aankomende baan ry maar wat die skape nie sien nie is dat ander motors van voor af aankom in die aankomende baan – ek kan mos nie nou n 3de party stamp en onskuldige mense en myself beseer en skade aandoen nie – dit net omdat n skaap langs sy skaap maatjie wil draf en gesels nie?
Hulle moet eerder paaie binne woongebiede gebruik waar daar minder verkeer is – die risiko vir almal sal minder wees……en vir daai skaap wat my so betuie het – as ek jou kry trek ek jou tande jys n regte chop…..

Neptunus ·

Het al baie van dronk bestuurders gehoor, maar nog nooit van ‘n dronk padatleet nie.

Die vrou wat in hierdie wedloop seergekry het was glo ook deur ‘n dronkie getref.

Dalk moet ons ‘n wedrenbaan opsy sit vir dronk bestuurders? Dan kan almal lekker lag en video’s daarvan maak. Dink daaraan, dan kan hulle slegs hulself en hul eie karre skade aandoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.