Karabo Mokoena-saak: Kêrel gaan nie getuig

Karabo Mokoena (Foto via ANA)

Die verdediging in die moordverhoor van Sandile Mantsoe, die man wat tereg staan in verband met die moord op Karabo Mokoena (22), het Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof gesê Mantsoe gaan nie getuig nie.

Hulle het daarna hul saak afgesluit. Mantsoe het skuld ontken en beweer Mokoena het selfmoord gepleeg.

Mokoena, ʼn student aan die Regenesys-sakeskool, se verkoolde liggaam is op 29 April 2017 in ʼn vlak graf in Bramley gevind, ʼn dag nadat sy as vermis aangemeld is. Sy is die laaste keer in Mantsoe, haar kêrel, se woonstel gesien. Mantsoe is kort daarna in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Regter AJ Johnson het vir Mantsoe gevra of hy bewus is van die feit dat hy lewenslange tronkstraf kan ontvang. Mantsoe het ‘ja’ geantwoord.

Victor Simelani, advokaat vir die verdediging, het gesê Mantsoe sal nie getuig nie omdat hulle voel die staat het nie hul saak bo redelike twyfel bewys nie. Johnson het die saak tot Woensdag uitgestel vir slotbetoë.

Mantsoe het tydens sy aansoek om borgtog gesê Mokoena het hom die dag gevra om haar op te laai en na hul woonstel in Sandton te neem. Hy is daarna glo weg vir ʼn sakevergadering en toe hy teruggekeer het na die woonstel, het hy haar liggaam op die mat aangetref. Hy het gesê hy het vir ʼn polsslag gevoel en niks gekry nie. Hy voer aan hy het paniekerig geraak en geweet almal gaan hom van haar moord verdink en daarom het hy haar liggaam in ʼn asdrom geplaas waarna hy dit met ʼn buiteband en petrol verbrand het.

Mantsoe het aangevoer Mokoena het vroeër ʼn spul pille gedrink en hy en ʼn veiligheidswag het haar gered; daarom het hy gedink sy het selfmoord gepleeg.

Malerato Ramela, die dokter wat die nadoodse ondersoek behartig het, het gesê weens die afwesigheid van ʼn groot deel van die liggaam, kan sy nie bepaal of Mokoena nog gelewe het toe sy aan die brand gesteek is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KAS ·

Hy vat haar na sy woonstel toe en later kom hy terug en tref haar dood aan.Hy beweer sy het selfmoord gepleeg.Hy sit haar in ‘n asdrom en verbrand haar.Wie het haar in die vlak graf begrawe.Sy weergawe is deurspek met walglike liegstories en daarom wil hy nie getuig nie want die kruisondervraging sal hom kelder.Hoe kan sy advokaat beweer die staat het nie sy saak bo redelike twyfel bewys nie.Hoekom bel hy nie die nooddienste en polisie nie aangesien hy vermoed het sy het selfmoord gepleeg.Niemand sal ooit weet hoe is sy regtig dood nie want die nadoodse ondersoek kan nie klarigheid gee oor of sy nog gelewe het toe sy aan die brand gesteek is nie.As die verdagte weier om te getuig gaan die regter die staat se weergawe aanvaar.Jy gaan sit liegbek

CHRISTA ·

Hy lieg soos ‘n tandetrekker!! As hy haar NET op die mat gekry het en vermoed het sy het ‘n klomp pille gedrink om selfmoord te pleeg sou die nadoodse ondersoek dit kon vasstel en hy sou nie eers gearresteer wees nie!!!

Ons plaaslike mense moet OPHOU om te dink ‘n vrou is hulle BESITTING!! Dit moet begin waar die pa sy dogter verkoop vir geld en dit “labola” noem!!!

Ons mense wil die beste van ALLE kulture hê!! Hulle wil die beste van die Afrika-kultuur hê, hulle wil die beste van die Westerse kultuur hê (waar hulle mag stem) en hulle wil die beste van die Kommunistiese kultuur hê waar die regering vir jou behuising en onderwys sorg. Hulle besef net nie: In Kommunisme is NIKS joune nie, jy WERK en word BETAAL wat die REGERING bepaal en finish en klaar!!!

Jy kan nie net stukkies voordele van kulture uitkies en dit in een paket saamsit nie!! Jy MOET KIES watter kultuur jy wil volg en dan met daardie kultuur se VOORDELE EN NADELE SAAMLEEF!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.