Karabo Mokoena se kêrel in hof vir borgtogaansoek

Die foto van Karabo Mokoena wat op haar vermiste persoon-plakkaat versprei is

Sandile Mantsoe, wat verdink word van die moord op sy meisie van sewe maande, Karabo Mokoena (22), het Vrydag gedurende sy borgtogaansoek in die Johannesburgse landdroshof die moord op Mokoena ontken.

Mokoena, ʼn student aan die Regenesys-sakeskool, se verkoolde liggaam is op 29 April in ʼn sloot in Bramley gevind, ʼn dag nadat sy as vermis aangemeld is. Sy is die laaste keer in haar kêrel se woonstel gesien. Mantsoe is kort daarna in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

By ʼn vroeëre borgtogverhoor, waar Mantsoe vlugtig in die hof verskyn het, het die ondersoekbeampte aan die hof gesê Mantsoe het erken hy het swembadsuur oor Mokoena gegooi en haar doodgebrand. Die ondersoekbeampte het aangevoer hy het haar liggaam verbrand sodat hy nie met die moord verbind sou word nie.

Mantsoe het glo aan die ondersoekbeampte vertel Mokoena het hom aan tradisionele rituele en geneeshere bekend gestel.

Die ondersoekbeampte het aan landdros Carlo Labuschagne gesê Mokoena en Mantsoe het albei snye en ʼn identiese tatoe op hul lywe gehad om glo die sukses van sy besigheid te verseker.

Mantsoe  het glo in sy oorspronklike beëdigde verklaring gesê die rede hoekom sy besigheid uiteindelik nié goed gevaar het nie, is omdat hy met Mokoena uitgemaak het en sy geluk en sukses gedoem is. Die enigste manier om van dié slegte geluk ontslae te raak, sou wees om haar te vermoor.

In sy verdediging het Mantsoe gesê niemand het sy regte aan hom verduidelik nie, en hy was glo bang om aangerand te word deur polisiebeamptes, en was daarom baie geïntimideerd toe hy die verklaring geskryf het. Hy het die inligting daarin as onwaar afgemaak.

Mantsoe het ook ontken dat hy saam met Mokoena aan tradisionele rituele deelgeneem het, en dat hy snye op sy liggaam het as gevolg daarvan. Hy het gesê sy besigheid het sy beter en slegter dae, soos dit maar oor die algemeen gaan.

Hy het aan Labuschagne gesê hy sal nie die land verlaat indien sy borgtogaansoek suksesvol is nie, omdat sy familie en besigheid hier is.

Labuschagne het die saak tot 30 Junie uitgestel wanneer Mantsoe oor sy borgtog sal hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stella ·

Is “uitgemaak” nie beter Afrikaans as “opgebreek” wanneer n verhouding beëindig word nie? Ai Maroela Media.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Stella

Dankie vir jou kommentaar! ‘Uitgemaak’ is inderdaad die beter woordkeuse – dankie vir jou valkoog. Die berig is gewysig.

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

paula ·

Wonder hoekom moet daar altyd mense wees wat net met valk oë sit en kyk wie wat verkeerd doen. In die geval wie wat verkeerde woordkeuses gebruik. Ai mense!!

jaco ·

maak hulle dan mekaar ook dood? volgens ons minister van veiligheid en sekuriteit daal die misdaadsyfer dan, so ek sal graag wil sien hoe hanteer hulle n saak van moord deur een van hulle ras op een van hulle ras.

Sw ·

Die mense moet ophou glo in towerry, muti, tokkelossies en wie weet wat nog. Donderweer wat bose of kwaai geeste is. Albino’s se liggaamsdele wat vir muti gebruik word.

Attie ·

Sies vir julle kerk mense se opmerkings, Swart op swart misdaad is net so hoog soos wit op wit en ander rasse as dit by huishoudelike geweldsmisdade kom, ek het daarmee gewerk ek weet wat ek gesien het. Sy was so ‘n pragtige meisie, so jammer vir haar familie se verlies, haar familie moet totaal gebroke wees net soos enige ander familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.