Karl Reich-moord: Twee vlugtig in hof

Die saak teen twee mans wat verbind word met die ontvoering van en moord op Karl Reich (82) is Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein uitgestel.

Thanki Motseki (27) en Mojalefa Tseki (34) is Vrydag in hegtenis geneem, enkele weke nadat die Valke die ondersoek na Reich se dood oorgeneem het.

Die saak teen die twee vermeende betrokkenes is uitgestel tot 27 Junie vir ʼn formele borgtogaansoek, het AO Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, gesê.

Reich het in September verlede jaar spoorloos by sy huis op Welkom verdwyn. Bure het destyds ondersoek ingestel nadat sy motorhek oopgestaan het. Daar was tot nou byna geen teken van hom nie.

Verlede week se inhegtenisnemings het intussen daartoe gelei dat een van die mans aan die Valke uitgewys het waar Reich se liggaam in daardie tyd gelos is.

Die staat het Reich begrawe en sy oorskot sal nou aan sy familie oorhandig word.

Die twee bly intussen in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda Merwe ·

Borg? Ek hoop die familie maak seker die staatsaanklaer doen sy werk behoorlik en beveg die toestaan van borg met hand en tand. Ons regstelsel is deesdae meer ingestel op sekeres se ‘regte’ as geregtigheid vir onskuldige slagoffers.

Magda van der Merwe ·

Dankie aan Belinda, Johan en hul dogter Lemay Ferreira wat alles moontlik gemaak het deur hierdie saak te help tot waar dit vandag is. As dit nie vir hulle herhalende posts op facebook en hulle eie speurfernuf nie was dit nog n onopgeloste saak in Suid Afrika. Nou kan my swaer, Karl ordentlik tot rus kom en kan hulle rou en afsluiting kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.